bloubulblog.co.za

bloubulblog.co.za

Die nie-amptelike Blou Bul ondersteuners blog



Trots geborg deur

Die Springbok span wat Saterdag teen die Kiwi’s te staan kom op FNB Stadion (voorheen Soccer City) in Soweto sluit 9 Blou Bul spelers in, waarvan 6 spelers in die opdrafspan is, en 3 op die kantlyn hulle beurt sal afwag om die Kiwi’s die stryd aan te sê. Die span vir die kragmeting is as volg:

15 Gio Aplon, 14 JP Pietersen, 13 Juan de Jongh, 12 Jean de Villiers 11 Bryan Habana, 10 Morné Steyn, 9 Francois Hougaard, 8 Pierre Spies, 7 Juan Smith, 6 Schalk Burger, 5 Victor Matfield, 4 Flip van der Merwe, 3 Jannie du Plessis, 2 John Smit (captain), 1 Gurthrö Steenkamp.
Plaasvervangers:
16 Chiliboy Ralepelle, 17 CJ van der Linde, 18 Danie Rossouw, 19 Francois Louw, 20 Ricky Januarie,21 Butch James, 22 Wynand Olivier.

Die Bulle se span vir Vrydagaand se wedstryd op Loftus Versfeld teen Griekwas is soos volg:

Jaco van der Westhuyzen, Gerhard van den Heever, Jaco Pretorius, Stefan Watermeyer, John Mametsa, Jacques-Louis Potgieter, Ruan Snyman, Gerrit-Jan van Velze, Dewald Potgieter, Derick Kuün (k), Fudge Mabeta, Juandré Kruger, Werner Kruger, Bandise Maku, Dean Greyling. Plaasvervangers: Henry Bantjes, Bees Roux, Jaco Engels, Wilhelm Steenkamp, CJ Stander, Dustin Jinka, Stephan Dippenaar.

Die goeie nuus is dat Dewald Potgieter wel sy fiksheidstoets geslaag het, en sal kan uitdraf. Dit gee die Bulle kontinuïteit in die lostrio, aangesien dit dieselfde lostrio is as wat teen die Streeptruie uitgedraf het verlede Saterdag.

On the hunt for the best insurance deals? Compare instant online insurance quotes from the top insurers in South Africa. Click Here

Wilhelm Steenkamp oppad na die Cheetahs

Deur Laagvat August - 17 - 2010 - Tuesday ADD COMMENTS

Wilhelm Steenkamp het ‘n 1-jaar kontrak gesluit met die Cheetahs vir 2011. Wilhelm het verlede jaar vir die Opkomende Springbokke gespeel teen die Britse en Ierse Leeus, en die Bulle het hom hierdie jaar tydens die Super 14 aan die Sharks geleen.

Wilhelm is blykbaar gefrustreerd met die min speelkans wat hy kry, wat te verstane is met die Bulle se slotfabriek wat uit Victor Matfield, Bakkies Botha, Danie Rossouw, Flip van der Merwe, Juandre Kruger, Fudge Mabetha en Wilhelm self, bestaan.

Gary Botha uit vir ‘n maand

Deur Laagvat August - 17 - 2010 - Tuesday ADD COMMENTS

Gary Botha sal vir sowat ‘n maand lank buite aksie wees na hy ‘n graad 2 skeur aan sy mediale ligamente opgedoen het. Aanvanklik is gevrees dat hy dalk ‘n operasie sou moet ondergaan, wat hom buite aksie sou laat vir die res van die seisoen. Gary het terwyl hy in Engeland gespeel het, las gehad van ‘n soortgelyke besering.

Die brokkie ‘goeie’ nuus het gepaardgegaan met die nuus dat Derick Kuun se besering ook nie so ernstig is soos aanvanklik vermoed is nie. Derick behoort aangewys te word as kaptein vir vrydagaand se moeilike wedstryd teen die Griekwas.

Welkom

Deur Laagvat August - 17 - 2010 - Tuesday ADD COMMENTS

Welkom by die nie-amptelike Blou Bul ondersteuners blog!

Hier wil ons poog om alle Blou Bul ondersteuners te trakteer op wedstrydverslae, statistieke, interessante staaltjies oor die Bulle, onderhoude met spelers en oud-spelers, en dies meer.

As jy enige voorstelle het vir die blog, stuur vir ons ‘n email by admin@bloubulblog.co.za


Wil jy deel wees van blou bul blog?


echo '';