bloubulblog.co.za

Die nie-amptelike Blou Bul ondersteuners blog

Trots geborg deur

Voorskou: Vodacom Bulls vs Cheetahs, Saterdag 3 Maart

Deur Laagvat March - 2 - 2012 - Friday 3 COMMENTS

Komende Saterdag sal die ou aartsvyande, die Vodacom Bulls en die Cheetahs mekaar in Bloemfontein pak. Sedert 2006 kon die Vrystaters dit nie regkry om hierdie kragmeting te wen nie, alhoewel dit jaarliks ‘n klipharde stryd afgee.

Sonder om te probeer om die Cheetahs-ondersteuners warm onder die kraag te kry, is daar as individuele spelers bitter min Bloemfonteiners wat die Bulls span sou haal. In my persoonlike opinie sou Robert Ebersohn, Johan Goosen, Heinrich Brussow en Adriaan Strauss goed meegeding het vir ‘n plek in ‘n Bulls-span, terwyl sommige mense dalk Hennie Danniller en WP Nel in dieselfde asem sou wou noem.

Olivier keer terug vir Vodacom Bulls

Deur Laagvat February - 29 - 2012 - Wednesday 3 COMMENTS

Die driemalige Super Rugby-toernooiwenner, Wynand Olivier, is terug in die span van die Vodacom Bulls vir hul tweede ronde-wedstryd van die reeks teen die Cheetahs Saterdag in Bloemfontein.

Olivier het herstel van operasies aan sy skouer en hand en sal die middelveld saam met Francois Venter beman en die onder-kapteinskap oorneem.

Olivier se insluiting in die plek van die beseerde Johann Sadie is die enigste verandering aan die span wat die Sharks verlede week in die openingswedstryd van die toernooi geklop het.

Sadie het sy skouer in daardie wedstryd beseer en sal vir drie weke buite aksie wees.

On the hunt for the best insurance deals? Compare instant online insurance quotes from the top insurers in South Africa. Click Here

Terugslag vir Vodacom Bulls

Deur Laagvat February - 28 - 2012 - Tuesday 1 COMMENT

Die veelsydige agterspeler, Lionel Cronjé, het ‘n ernstige borsspierbesering opgedoen wat hom vir minstens ses maande van die veld gaan hou en hy sal nie vir die res van die Vodacom Super Rugby-reeks deur die Vodacom Bulls oorweeg kan word nie.

Die 22-jarige speler het dié besering Vrydag opgedoen terwyl hy vir die Blou Bulle se Vodacombekerspan teen die Sharks XV gespeel het en word later in die week geopereer.

“Lionel sal minstens ses maande lank nie kan speel nie,” het die Vodacom Bulls se spandokter, Org Strauss, bevestig.

Goeie nuus saam die slegte

Deur Laagvat February - 27 - 2012 - Monday 3 COMMENTS

Ondersteuners van die Vodacom Bulls sal twee na drie weke moet wag voor hul weer vir Johann Sadie op die veld sal sien. Sadie het Vrydagaand op Loftus Versfeld ‘n skouerbesering opgetel in die klipharde wedstryd teen die Sharks.

Saam met die slegte nuus, was daar ook ‘n brokkie goeie nuus toe dr Org Strauss bekend gemaak het dat Wynand Olivier slaggereed is om sy plek in die middelveld te beman. Olivier het pas herstel van ‘n handbesering.

Morne Mellett (skouer) en Arno Botha (rug) behoort saam met Sadie gereed te wees vir aksie.

Juandre kry eerste Bumble Bee toekenning van seisoen

Deur Laagvat February - 27 - 2012 - Monday ADD COMMENTS

Hierdie berig verskyn op die Bulls se webwerf:


Die Vodacom Bulls-slot, Juandré Kruger, het weggestap met die span se eerste Bumble Bee-toekenning van die Vodacom Super Rugby-reeks.

Die Bumble Bee is ‘n gesogte prys onder die spelers en word deur die spanbestuur toegeken aan die speler wat volgens hulle die grootste bydrae vir die span gemaak het in hul vertoning van die afgelope naweek.

Kruger se bydrae in die Bulls se 18-13 sege oor die Sharks op Loftus Versfeld was deurslaggewend. Hy het die lynstane skitterend beheer, puik spel vanaf die inskoppe en afskoppe gelewer en in ‘n stadium goed 80 meter ver gehardloop om op die dekverdediging te gaan red.

Vodacom Bulls begin seisoen op wennoot

Deur Laagvat February - 27 - 2012 - Monday 5 COMMENTS

Dit gebeur nie veel dat mens ‘n kragmeting as vervelig en ‘n naelbystryd kan beskryf nie, maar dit is presies hoe Vrydagaand se wedstryd tussen die Vodacom Bulls en die Sharks was. Die skare het tot ‘n mexican wave van stapel gestuur in die tweede helfte, en dit is nooit ‘n teken van goeie rugby nie.

Dit was egter die eerste wedstryd van die seisoen, en die belangrikste is dat ons 4 liga punte in die sakkie het. Ek het Vrydagaand na die wedstryd vir Doelskop en Vastrap gesê ek is bly hierdie nuwe span van ons het so taai wedstryd deurgetrek. Dit was vir jare lank ‘n kenmerk van ons geliefde Ligbloues, maar dit is iets wat hierdie span opnuut gewoond aan moet raak.

Bid or Buy - One man's bid is another man's buy. Click Here

Die Vodacom Blou Bulle het Vrydagmiddag in die voorwedstryd vir die senior span, ‘n oortuigende oorwinning met 21-0 behaal teen die Sharks XV.

Volgens berigte was die wedstryd besaai met foute, maar het die Ligbloues geseëvier as gevolg van hul goeie verdediging.

Dit was hierdie span se derde agtereenvolgende oorwinning in hul voorseisoense voorbereiding.

Punte

Blou Bulle 21(7)

Drieë: Jean du Plessis, Ruan Snyman. Doelskop: Tony Jantjies. Strafskoppe: Jantjies (2), Wesley Dunlop.

Sharks XV 0(0).

Hier moet die Bulls hul man staan

Deur Laagvat February - 24 - 2012 - Friday 2 COMMENTS

Ons het vroeër vandag gekyk na die moontlike kwesbaarhede in die Sharks se span. Net so het die Bulls ‘n paar areas waarin hul hul man sal moet staan, indien hul as oorwinnaars van die veld wil stap.

Eerstens sal die nuwe kaptein Pierre Spies sy troepe van voor af moet lei. Die agsteman kry gereeld hewige kritiek, en alhoewel ek voel dit is soms geregverdig, word hy aan baie hoë standaarde gemeet. Indien Spies vir sy spanmaats kan inspireer met ‘n paar sterk lopies, sal dit sy span lig. Indien hul kaptein gereeld teruggeduik word, sal dit broekskeur gaan.

3 Sharks swakplekke wat Bulls kan teiken

Deur Laagvat February - 24 - 2012 - Friday 1 COMMENT

Na ‘n wag wat jare lank gevoel het, is die begin van die 2012 Super Rugby seisoen is op ons. Vanaand om 19:10 pak ons geliefde Vodacom Bulls die Sharks op Loftus Versfeld.

Een ding waarvan mens altyd seker kan wees voor ‘n kragmeting tussen die twee spanne, is dat die hare behoorlik gaan waai. Daar word altyd klipharde duikslae uitgevoer, en spelers word uit die aarde gehardloop, en vanaand sal nie verskil van die standaard modus operandi nie.

Die twee spanne lyk egter aansienlik anders as verlede seisoen. Met al die veranderinge, is daar in my nederige opinie, drie areas waarin die Sharks blyk kwesbaar te wees.

Die Vodacom Blou Bulle se Vodacombeker span speel Vrydagmiddag om 16:45 ‘n oefenwedstryd teen hul eweknieë van die Sharks.

Dis interessant om te sien dat afrigter Pine Pienaar ‘n paar lede van Tukkies se Varsity Cup span, ingesluit het in die wedstryd groep. Spelers soos Jono Ross, Franco Mostert, Wesley Dunlop, Clayton Blommetjies en Lean Schwartz het Maandagaand nog die Universiteit van Pretoria gelei tot ‘n oorwinning oor die Pukke.

Tony Jantjes, broer van die meer beroemde Elton, kry ‘n kans in die nommer 10 trui, met Lionel Cronje wat weer op binnesenter sal uitdraf. Aan Jantjes se binnekant is Ruan Snyman, wat verlede jaar baie rugby gemis het as gevolg van beserings.

Wil jy deel wees van blou bul blog?

echo '';