bloubulblog.co.za

Die nie-amptelike Blou Bul ondersteuners blog

JJ, Wilhelm kry kans in beginspander is

Posted by Laagvat April - 11 - 2012 - Wednesday 7 COMMENTS

Die afrigter van die Vodacom Bulls, Frans Ludeke het besluit om JJ Engelbrecht en Wilhelm Steenkamp los te laat op die Lions hierdie komende Saterdag.

Beide die spelers het gereelde verskynings op die veld gemaak die seisoen, maar dit was nog elke keer van die reserwebank af. Veral Engelbrecht het telke male ‘n verskil gemaak van die bank af, en moes al ‘n paar maal vir Johann Sadie vervang as gevolg van ligte stampe en stote.

Dit is dan ook in Sadie se plek wat JJ Saterdag sal opdraf. Sadie is een van drie reserwe agterspelers, die ander is Jano Vermaak en Louis Fouche.

JJ klop al heel seisoen hard aan die deur, na hy elke keer ‘n wesenlike verskil maak aan die agterlyn. Sy sterk verdediging sal ons handig te pas kom teen die Johannesburgers, en sy sterk hardloopwerk met sy uitstekende vermoëns om aansluiting te vind, kan die tuisspan kopsere besorg.

Persoonlik voel ek tot dusver dat JJ ‘n beter seisoen as Sadie beleef, maar mens moet ook ingedagte hou dat JJ eerder ‘n vleuel as ‘n senter is, en dat Sadie herstel het van ‘n besering. Dan het JJ ook die luukse om gereeld op die veld te verskyn as die Ligbloues reeds die oorhand het. Dit sal interessant wees om te sien of hy net so groot impak kan maak in die beginspan.

Wilhelm Steenkamp begin in die plek van Juandre Kruger, en sal ook die lynstaantekens oorneem. Steenkamp is ‘n baie goeie lynstaanspringer, en is uitstekend by afskoppe.

Daar kan verwag word dat beide Juandre Kruger en Johann Sadie kans sal kry laat in die wedstryd, en ek reken veral Kruger kan baljaar teen ‘n pak voorspelers wat al moeg gedryf is.

Verder is die span onveranderd, en sal hoop om die Lions oortuigend te klop. Die Bulls het skaflik vertoon oor die laaste 3 naweke as hul opposisie in ag geneem word, en hul sal hoop dat Saterdag se wedstryd ‘n kans op ‘n drieë bonuspunt sal bied.

Voor hul egter oor daardie bonuspunt kan dink, moet hul seker maak van die basiese aspekte van die spel. Ons hantering kan beter, en ook ons dissipline verbeter nie, selfs na daar week na week beloof word dat daar hard gewerk is agter die skerms.

Die span vir Saterdag se wedstryd lyk so (met getal wedstryde in hakies):

Zane Kirchner (60), Akona Ndungane (73), JJ Engelbrecht (6), Wynand Olivier (92), Bjorn Basson (31), Morné Steyn (95), Francois Hougaard (34), Pierre Spies (78, c), Jacques Potgieter (6), CJ Stander (6), Wilhelm Steenkamp (41), Flip van der Merwe (40), Werner Kruger (64), Chiliboy Ralepelle (41), Dean Greyling (21).

Reserwes: Bongi Mbonambi (1), Frik Kirsten (8), Juandré Kruger (6), Arno Botha (3), Jano Vermaak (78), Louis Fouché (4), Johann Sadie (11).

Ludeke maak geen veranderinge

Posted by Laagvat April - 4 - 2012 - Wednesday 2 COMMENTS

Die span van die Vodacom Bulls wat Saterdag teen die Crusaders op Loftus Versfeld speel, is dieselfde een wat verlede naweek met ‘n bonuspunt van Nuweland teruggekeer het.

Die Vodacom Bulls se afrigter, Frans Ludeke, het sy vertroue in dieselfde 22-tal as teen die Stormers uitgespreek om teen die spogspan van Canterbury te speel.

Ludeke het gesê sy span kry ‘n kans om die foute van verlede naweek reg te stel, maar bygevoeg dat die Crusaders selfs meer eise as die Stormers kan stel, al is die wedstryd op Loftus Verfeld.

“Hulle het ‘n magdom All Blacks en ‘n klomp van hulle was deel van die span wat die Wêreldbekertoernooi gewen het. Hulle beskik dus oor die vaardighede en temperament om wedstryde soos dié te wen. Ons durf egter nie tuiswedstryde prysgee nie en besef watter skade ‘n nederlaag ons veldtog kan aandoen.”

Ludeke het ook gesê die beseerde haker, Willie Wepener, kan tussen drie weke en drie maande buite aksie wees.

“Willie het ‘n virus opgedoen wat sy gesigspiere aantas en ongelukkig is daar nie ‘n behandeling wat dit onmiddelik kan regstel nie. Dit beteken dat hy nie in die volgende paar weke vir ons sal kan speel nie. Ons het egter baie vertroue in Bongi Mbonambi, wat deur ons junior strukture gevorder het.”

Die span (met getal Super-wedstryde) is:

Zane Kirchner (59), Akona Ndungane (72), Johann Sadie (10), Wynand Olivier (91),  Bjorn Basson (30), Morné Steyn (94), Francois Hougaard (33), Pierre Spies (77, k), Jacques Potgieter (5), CJ Stander (5), Juandré Kruger (5),   Flip van der Merwe (39), Werner Kruger (63), Chiliboy Ralepelle (40), Dean Greyling (20).

Plaasvervangers: Bongi Mbonambi* (0), Frik Kirsten (7), Wilhelm Steenkamp (40), Arno Botha (2), Jano Vermaak (77), Louis Fouché (4), JJ Engelbrecht (5).

Ludeke behou wenspan

Posted by Laagvat March - 28 - 2012 - Wednesday 1 COMMENT

Die span van die Vodacom Bulls wat Saterdag teen die Stormers op Nuweland in Kaapstad speel, toon geen veranderinge aan die een wat verlede Saterdag met die Reds afgereken het nie.

Afrigter Frans Ludeke kon weer dieselfde beginspan kies, die eerste keer vanjaar dat beserings nie sy keuses verander nie.

Hy moes nietemin ‘n verandering aan die plaasvervangerbank maak, waar Willie Wepener weens ‘n ontsteekte senuwee in sy gesig moes onttrek.

Bongi Mbonambi, wat tot dusver in die Blou Bulle se Vodacombekerspan diens gedoen het, is in sy plek gekies. Dit sal Mbonambi se debuut in die Vodacom Super Rugby-reeks wees as hy speelkans kry.

Ludeke het sy tevredenheid met die span se voorbereiding en vordering in die reeks uitgespreek.

“Ons het verlede week goed gedoen teen die verdedigende kampioene, maar dié week wag die enigste onoorwonne span in die kompetisie. Die Stormers is ‘n gevestigde span vol ervaring en om hulle op hul tuisveld te gaan klop, sal ‘n spesiale poging verg.”

Volgens die Bulls-kaptein, Pierre Spies, bring die Noord/Suid-wedstryde altyd die beste uit spelers uit.

“Daar is ook baie emosies en dit is iets wat ons moet beheer, want dit gaan belangrik wees om as ‘n span te speel, klinies te wees en nie toelaat dat emosies jou opsies belemmer nie. Ons het nog ‘n lang pad oor in die kompetisie, maar hierdie is beslis een van ons groot uitdagings.”

Die span (met getal Super-wedstryde) is: Zane Kirchner (58), Akona Ndungane (71), Johann Sadie (9), Wynand Olivier (90), Bjorn Basson (29), Morné Steyn (93), Francois Hougaard (32), Pierre Spies (76, k), Jacques Potgieter (4), CJ Stander (4), Juandré Kruger (4), Flip van der Merwe (38), Werner Kruger (62), Chiliboy Ralepelle (39), Dean Greyling (19). Plaasvervangers: Bongi Mbonambi (0)*, Frik Kirsten (6), Wilhelm Steenkamp (40), Arno Botha (1), Jano Vermaak (76), Louis Fouché (4), JJ Engelbrecht (4).

* Debuut

Slegs een verandering vir Blou Bulle

Posted by Laagvat March - 28 - 2012 - Wednesday ADD COMMENTS

Hulle moet nou daardie momentum behou wat met die goeie sege afgelope naweek opgebou is, ongeag die moeilike taak om die Luiperds op hul tuisveld in Portchefstroom te probeer tem, het die Blou Bulls-afrigter, Pine Pienaar, Woensdag gesê.

Ná hulle puik sege oor die Goue Leeus is die span gretig om op die wenpad te bly, het Pienaar laat blyk.

“Ons moet aanhou verbeter. Om met ‘n nederlaag en toe ‘n gelykop-uitslag te begin was nie goed genoeg nie en daarom was die sege teen die Leeus ‘n bevestiging van waartoe ons in staat is. Die Luiperds weg is ‘n taaie, maar ons het nie ‘n keuse anders as om te wen as ons steeds op die punteleer wil vorder nie.”

Pienaar het een gedwonge skuif aan sy beginspan gemaak nadat Bongi Mbonambi in die Vodacom Bulls se groep opgeneem is.

Robbie Coetzee vervang hom, met Jacques Momberg wat Coetzee se plek op die bank inneem.

“Beide is ervare spelers wat hulle kant sal bring,” het Pienaar gesê.

Die span wat Saterdag teen die Luiperds in Potchefstroom speel, is:

Ulrich Beyers, Sampie Mastriet, Jan Serfontein, Francois Venter, Jurgen Visser, Tony Jantjies, Ruan Snyman, Jono Ross, Jean Cook, Warwick Tecklenburg, Cornell Hess, Gerrit-Jan van Velze (k), Rayno Gerber, Robbie Coetzee, Vincent Koch.

Plaasvervangers: Jacques Momberg, Basil Short, Franco Mostert, Daniel Adongo, Rudi van Rooyen, Wesley Dunlop, Clayton Blommetjies.

van Velze draf voor vir Vodacom Blou Bulle

Posted by Laagvat March - 23 - 2012 - Friday ADD COMMENTS

Ná ‘n besoek aan die plaasvervangerbank van die Vodacom Bulls teen die Blues en Northampton om ‘n kontrak met die Saints te sluit, is Gerrit-Jan van Velze weer terug in bekende waters en voer hy die Blou Bulle Saterdag aan as hulle die Goue Leeus in ‘n Vodacombekerwedstryd op Loftus Versfeld pak.

Die Blou Bulle soek ‘n eerste sege ná ‘n stadige begin in die reeks.

‘n Nederlaag in hul openingswedstryd en ‘n gelykop-uitslag verlede week was nie die beste manier om die kompetisie te begin nie, maar dinge lyk heelwat beter vir afrigter Pine Pienaar.

Die terugkeer van Van Velze, die insluiting van die SA o.20- en Bulls-senter, Francois Venter, en die terugkeer na fiksheid van Jean Cook en Cornell Hess, maak die Blou Bulle gedug.

Pienaar meen sy span het geen keuse anders as om hulle beste rugby te speel nie.

“Ons het baie verbeter teen die Pumas, maar sal die kurwe moet volhou as ons teen die Leeus wil wen. Daar is nie baie wedstryde oor in die reeks nie en as ons aan die regte kant van die uitspeelfase wil wees, moet ons begin wen. Ons het ‘n talentvolle span en dit het tyd geword dat ons dit regverdig.”

Die span wat Saterdag om 14h45 teen die Goue Leeus speel, is: Ulrich Beyers, Sampie Mastriet, Jan Serfontein, Francois Venter, Jurgen Visser, Tony Jantjies, Ruan Snyman, Jono Ross, Jean Cook, Warwick Tecklenburg, Cornell Hess, Gerrit-Jan van Velze (k), Rayno Gerber, Bongi Mbonambi, Vincent Koch.

Plaasvervangers: Robbie Coetzee, Basil Short, Franco Mostert, Daniel Adongo, Rudi van Rooyen, Wesley Dunlop, Clayton Blommetjies.

Reds kies groentjie op losskakel vir Loftus stryd

Posted by Laagvat March - 22 - 2012 - Thursday ADD COMMENTS

Die Vodacom Bulls kom hierdie Saterdag te staan teen die verdedigende kampioen, die Reds. Verlede jaar se kampioene is egter uitgedun as gevolg van beserings, en moes die onbekende Dallan Murphy kies op losskakel.

Die jong speler het nog nie eers ‘n volle 5 minute se Super Rugby agter sy naam nie, en kom Saterdag voor ‘n groot toets te staan. Sy direkte teenstander, Morne Steyn bekruip die 100 Super wedstryde merk, en het ‘n dodelike skopskoen.

Dan kan Murphy ook ‘n paar baldraers in sy kanaal verwag. Die tuisspan sal vroeg reeds sy verdediging wil beproef.

Murphy is die Reds se 5de keuse losskakel, en sou sekerlik nie twee maande gelede verwag het dat hy nou al sy eerste wedstryd sal begin nie.

Die Australiërs het dan ook ‘n nuwe senterkombinasie, met Ben Tapuai wat die keer met Jono Lance aan sy buitekant sal uitdraf. Die geskorste Digby Ioane word vervang deur Luke Morahan.

In die pak het die uitgeslape Ewen Mckenzie drie veranderinge aangebring met Ben Daley wat op loskop sal sak in Greg Holmes se plek. James Hanson staan die nommer 2 trui af aan Saia Faingaa, terwyl Rob Simmons terug sal wees in die tweede ry ten koste van Van Humphries.

Die Reds se span lyk so:

15 Rod Davies, 14 Dom Shipperley, 13 Jono Lance, 12 Ben Tapuai, 11 Luke Morahan, 10 Dallan Murphy, 9 Will Genia, 8 Jake Schatz, 7 Beau Robinson, 6 Scott Higginbotham, 5 James Horwill (c), 4 Rob Simmons, 3 Greg Holmes, 2 Saia Faingaa, 1 Ben Daley.

Reserwes: 16 James Hanson, 17 James Slipper, 18 Radike Samo, 19 Van Humphries, 20 Liam Gill, 21 Nick Frisby, 22 Nathan Eyres-Brown.

Ludeke maak net een verandering

Posted by Laagvat March - 7 - 2012 - Wednesday 6 COMMENTS

Die Vodacom Bulls-afrigter Frans Ludeke het slegs een verandering gemaak aan die span wat verlede naweek oortuigend teen die Cheetahs gewen het.

Jano Vermaak sal sy eerste wedstryd begin in die ligblou trui, nadat Francois Hougaard vir een week geskors is as gevolg van ‘n gevaarlike duikslag in verlede Saterdag se wedstryd. Die Vodacombeker span staan dan vir Ruan Snyman af aan die senior span se reserwebank. Dis ‘n gevoelige slag vir die Vodacombeker span wat Saterdag hul Vodacombeker veldtog afskop in die hoofvoorwedstryd. Snyman het al een keer vantevore ‘n verskyning in die Bulls trui gemaak.

Jano het die volgende te sê gehad:

“Dit is opwindend om speelkans te kry. Om vir die Bulls op Loftus te kan uitdraf, is iets wat ek lankal graag wou doen en ek hoop om die beste van dié kans te maak.”

“Die Blues is ‘n baie sterk span vol toetsspelers, maar dit is wat die uitdaging so lekker maak. Enige speler wil hom graag teen die bestes opweeg en Super Rugby gee jou daardie geleentheid.”

Die span wat Saterdagaand om 19:10 teen die Blues sal uitdraf op Loftus Versfeld, lyk so:

Zane Kirchner, Akona Ndungane, Wynand Olivier, Francois Venter, Bjorn Basson, Morne Steyn, Jano Vermaak, Pierre Spies, Jacques Potgieter, Deon Stegmann, Juandre Kruger, Flip van der Merwe, Werner Kruger, Chiliboy Ralepelle, Dean Greyling.

Reserwes: Willie Wepener, Frik Kirsten, Wilhelm Steenkamp, CJ Stander, Ruan Snyman, Louis Fouche, JJ Engelbrecht.

Olivier keer terug vir Vodacom Bulls

Posted by Laagvat February - 29 - 2012 - Wednesday 3 COMMENTS

Die driemalige Super Rugby-toernooiwenner, Wynand Olivier, is terug in die span van die Vodacom Bulls vir hul tweede ronde-wedstryd van die reeks teen die Cheetahs Saterdag in Bloemfontein.

Olivier het herstel van operasies aan sy skouer en hand en sal die middelveld saam met Francois Venter beman en die onder-kapteinskap oorneem.

Olivier se insluiting in die plek van die beseerde Johann Sadie is die enigste verandering aan die span wat die Sharks verlede week in die openingswedstryd van die toernooi geklop het.

Sadie het sy skouer in daardie wedstryd beseer en sal vir drie weke buite aksie wees.

Die Vodacom Bulls se afrigter, Frans Ludeke, het erken dat Olivier se terugkeer na aksie nie op ‘n beter tydstip kon wees nie.

“’n Afrigter wil mos maar altyd sy eerstekeuse-spelers beskikbaar hê, veral teen ‘n teenstander wat so gedug is soos die Cheetahs. Wynand is naas Morné Steyn die mees ervare speler in ons span, so dit is uitstekend om hom terug te hê. Ons moes die afgelope paar weke ‘n klompie spelers aan beserings afstaan, so dit is lekker om te weet een van jou internasionale spelers is weer fiks en reg vir aksie,” het Ludeke gesê.

Ludeke het 12 Springbokke in sy beginspan gekies.

Die kaptein van die Vodacom Bulls, Pierre Spies, het gesê die Cheetahs gaan ‘n baie taai teenstander wees.

“Daar is altyd baie op die spel in die plaaslike derbies en daar is by my geen twyfel nie dat die Cheetahs een van ons taaiste teenstanders in die toernooi gaan wees. Hulle het ‘n klomp opwindende spelers, gaan sekerlik die ondersteuning van ‘n vol stadion vir hul eerste wedstryd hê en hulle sal so vinnig moontlik daardie eerste sege wil bewerkstellig. Ons sal op ons allerbeste moet wees om dié wedstryd te wen,” het Spies gesê.

Die span wat teen die Cheetahs speel (met getal Super-wedstryde) is:

Zane Kirchner (55), Akona Ndungane (68), Wynand Olivier (87), Francois Venter (1), Bjorn Basson (26), Morné Steyn (90), Francois Hougaard (30), Pierre Spies (73, k), Jacques Potgieter (1), Deon Stegmann (56), Juandré Kruger (1), Flip van der Merwe (35), Werner Kruger (59), Chiliboy Ralepelle (36), Dean Greyling (16).

Plaasvervangers: Willie Wepener (41), Frik Kirsten (3), Wilhelm Steenkamp (37), CJ Stander (1), Jano Vermaak (62), Louis Fouché (1), JJ Engelbrecht (1).

Mylpale:

?Morné Steyn hou die Vodacom Bulls se rekord vir loopbaanpunte. Hy het reeds 991 punte aangeteken (10 drieë, 172 doelskoppe, 177 strafdoele, 22 skepdoele) en kan dit Saterdag verder verbeter.

?Wynand Olivier is die mees ervare Suid-Afrikaanse senter in Super Rugby en sal daardie rekord met sy 88ste verskyning verder uitbrei. Hy het al 25 drieë gedruk, ook die meeste deur enige plaaslike senter in die kompetisie.

019s moet eers as span goed vertoon

Posted by Laagvat October - 28 - 2011 - Friday ADD COMMENTS

Die Vodacom Blou Bulle se junior rugbyspan kan met ‘n sege oor die Goue Leeus in die eindstryd van Saterdag se Absa o.19-beker op Coca Cola Park in Johannesburg nie net seker maak  hulle word as span onthou nie, verskeie spelers kan ook regmerkies op nasionale vlak verdien.

Die Blou Bulle het vanjaar gemaklik in die eerste plek van die kompetisie se punteleer klaargemaak en ewe maklik sy halfeindstryd teen die Vrystaat gewen.

Verskeie indiwidue het binne spanverband gewys dat hulle ‘n lang loopbaan in rugby kan hê en aanspraakmakers vir die nasionale o.20-span in 2012 is.

Die groot geheim teen die tuisspan gaan egter lê in samespel, het afrigter Paul Anthony gesê.

“Ons het hulle vanjaar twee keer geklop (43-24 en 37-25), so weet dit kan gedoen word. Die uitdaging gaan daarin lê om die druk van die oomblik te verwerk en seker te maak ons bly as ‘n span saamspeel. Doen ons dit, sal die patroon indiwidue toelaat om uit te blink,” glo Anthony.

William Small-Smith sal die span aanvoer.

Die Vodacom Blou Bulle-span wat Saterdag 29 Oktober 2011 om 12h30 teen die Goue Leeus in die eindstryd van die Absa o.19-beker op Coca Cola Park in Johannesburg speel, is:

Juan Nel, Richard Dean Gorrah, William Small-Smith (k), Christopher Bosch, Travis Ismaiel, Tony Jantjies, Rudi van Rooyen, Nardus van der Walt, Wiaan Liebenberg, Shaun Adendorff, Marvin Orrie, Schalk van Heerden, Hencus van Wyk, Jaco Visagie, Du Toit Genis.

Plaasvervangers: Jason Thomas, Christoph Gouws, Herman Groenwald, Cloete Wessels, Abrie Griesel, Andile Jho, Stefan Willemse, Nico van Vuuren.

Nollis kies sy CB-sterre vir halfeind

Posted by Laagvat October - 19 - 2011 - Wednesday ADD COMMENTS

Die Vodacom Blou Bulle se o.21-span het ‘n onverwagte meevaller gekry vir hulle halfeindstryd in Absa se o.21-reeks Vrydag op Loftus Versfeld teen die Goue Leeus.

Vier spelers wat in die afgelope Curriebekerkompetisie vir die Vodacom Blou Bulle gespeel het, Francois Venter, Louis Fouché, CJ Stander en Arno Botha, is almal beskikbaar vir die uitspeelstryd teen hulle suidelike buurman en afrigter Nollis Marais was duidelik ‘n tevrede man.

“Dit is uitstekend om hulle terug te verwelkom en is beslis ‘n inspuiting vir ons,” het Marais gesê, wat ook Stander as kaptein van die span aangewys het.

“Dit gaan egter belangrik wees dat almal dadelik op dieselfde golflengte kom, want die Leeus is ‘n span wat jy moét respekteer. Daar is egter heelwat ondervinding in die span en dit behoort te help as dinge taai raak,” het Marais gesê.

Die span is:

Clayton Blommetjies, Sampie Mastriet, Ulrich Beyers, Francois Venter, Courtnall Skosan, Louis Fouché. Lohan Jacobs, CJ Stander (k), Jono Ross, Arno Botha, Franco Mostert, Gerno Eksteen, Stephan Pretorius, Bongo Mbonambi,  Juan Schoeman.

Plaasvervangers: Jacques Momberg, Basil Short, JJ Breet, Dalton Davis, Xander Redelinghuys, JC Roos, Adri Jacobs.

Loftus Versfeld

Vrydag 21 0ktober 2011

Afskoptyd: 17:00

Toegang is gratis

Hekke open: 14:45

Wil jy deel wees van blou bul blog?