bloubulblog.co.za

Die nie-amptelike Blou Bul ondersteuners blog

Spankeuse-tameletjie vir Nollis Marais, wat sou jy doen?

Posted by Laagvat October - 17 - 2011 - Monday 7 COMMENTS

Met die Blou Bulle se senior span wat nie kon kwalifiseer vir die halfeindrondtes van die Curriebeker nie, plaas dit ons o21 afrigter, Nollis Marais in ‘n moeilike situasie aangaande spankeuses.

Hierdie seisoen het verskeie o21 spelers, in die vorm van Louis Fouche, CJ Stander, Arno Botha en Francois Venter hul stem dikgemaak by die senior span, en is dus nou weer beskikbaar vir diens by die o21s.

Die tameletjie is nou om te kies tussen bestendige spankeuses, en die impak wat die vier spelers moontlik kan maak. CJ Stander was nog die hele seisoen by die senior span betrokke, so in sy geval sal ek hom dalk eerder van die reserwebank af laat speel.
Louis Fouche het vroeg in die seisoen ‘n paar wedstryde begin vir die 021s, maar was vir die grootste deel van die seisoen by die senior span. So ook Arno Botha, en Francois Venter.

Die laasgenoemde drie spelers was dus darem betrokke by die span, al was dit nie van lange duur nie. Ek sal vir Arno Botha in die beginspan insluit, wat sal beteken dat ‘n speler soos Wiaan Liebenberg weer kan afskuif na die onder 19s, en hulle ook ‘n nodige inspuiting sal gee vir hul semi-finaal.

Dan het JC Roos die veld Vrydag teen die Luiperds verlaat met ‘n besering, en indien hy nie betyds herstel nie, sal afrigter Nollis vir Louis Fouche moet kies in sy beginspan.

Ek dink Nollis moet vir Francois Venter sterk oorweeg, na hy hierdie seisoen al ‘n paar spelers op senter beproef het. Dit kan groot waarde tot die span voeg om vir CJ op 8, Louis op 10, en Francois op 12 te kies. Die drie posisies vorm saam met die skrumskakel die ruggraat van die span se besluitnemers. Maar net so kan dit ook ‘n groot invloed op die res van die span hê.

Dit is egter ‘n baie lekker posisie om in te wees, die probleem is nou net om die regte keuse te maak.

Hoe sal jy maak as jy Nollis Marais is?

As jy Nollis Marais was, wat sou jy maak met Louis Fouche, Francois Venter, CJ Stander en Arno Botha?

  • Hou by die span wat die o21s sover laat kom het. (0%, 0 Votes)
  • Hulle moet in die beginspan gekies word. Stel dan 'n paar spelers vry om vir die o19s uit te draf (75%, 6 Votes)
  • Kies hulle op die reserwebank, en laat hulle die laaste 30minute speel (25%, 2 Votes)

Total Voters: 8

Loading ... Loading ...

Wie sal jy op nommer 4 slot kies vir die WP-stryd?

Posted by Laagvat September - 12 - 2011 - Monday 4 COMMENTS

In die lig van Flip van der Merwe se swak dissipline die laaste ruk, het ons gedink ons sal bietjie by ons bloggers hoor wie hulle as Juandre Kruger se slotmaat sal verkies.

Wie sal jy op nommer 4 slot kies vir Saterdag se wedstryd teen WP?

  • Flip van der Merwe (15%, 3 Votes)
  • Gerrit-Jan van Velze (20%, 4 Votes)
  • Jacques Potgieter (40%, 8 Votes)
  • Fudge Mabetha (5%, 1 Votes)
  • Krynauw Otto (20%, 4 Votes)

Total Voters: 20

Loading ... Loading ...

 

Wie dink jy moet losskakel speel teen die Sharks?

Posted by Laagvat August - 30 - 2011 - Tuesday 15 COMMENTS

Die Blou Bulle speel hierdie Saterdag op Loftus teen die Sharks in ‘n wedstryd wat ons nie kan bekostig om te verloor nie. Met die Bulle wat tans 5 punte agter die Piesangboere, en hierdie wedstryd bied ons ‘n gulde geleentheid om hulle in te haal.

Dit is egter alles baie makliker gesê as gedaan, en afrigter Pine Pienaar gaan moet raakvat met sy spankeuses. Met die terugkeer van Juandre Kruger, Dewald Potgieter en Bjorn Basson kry ons ‘n lekker inspuiting, maar vir my is die belangrikste posisie vir Saterdag se wedstryd, die een van losskakel.

Self, is ek nog nie 100% seker wie ek op die veld verkies nie. Louis Fouche het teen die Griekwas baie goed gespeel, maar toe weer teleurgestel teen die Luiperds. Sy skopskoen blyk ook nie betroubaar genoeg te wees vir so ‘n taai wedstryd nie.

Marnitz Boshoff het tot dusver die minste kans gehad van ons losskakels, en het net in een wedstryd begin teen die Pumas in Nelspruit. Daar het hy vir my goed vertoon, maar is die week daarna afgeskuif na die reserwebank toe. Terwyl Boshoff se skopvoet meer akkuraat is, kan hy nie sulke monster skoppe soos Fouche gee nie.

Dan is die derde, en laaste contender Francois Brummer. Hy is die dodelikste stelskopper tussen die drie, alhoewel hy ook nie dieselfde afstand as Fouche op sy stelskoppe kan kry nie. Hy is ook die mees ervare van die drie spelers, en is is nou al ‘n paar seisoene betrokke by die Bulle se Super Rugby span, alhoewel hy bitter min speelkans gekry het op daardie vlak.

Dit is vir my jammer dat Brummer nou vir ‘n paar weke buite aksie was, want ek dink sy ervaring, en sy dodelike skopskoen, sou ons baie kon help Saterdag. Dit mag dalk net ‘n te groot kans wees om met hom te waag in die beginspan. Ek sal Fouche in die beginspan hou, met Brummer wat inkom op die reserwebank. Brummer kan dan in die laaste 20minute op die veld wees, net vir ingeval daar ‘n belangrike stelskop op die kaarte is.

Laat weet ons hieronder wie jy sal kies in die nommer 10 trui, en sê vir ons in die kommentaar wie jou reserwe losskakel sal wees.

Wie dink jy moet losskakel speel teen die Sharks?

  • Francois Brummer. Hy is die mees ervare, en ook die betroubaarste stelskopper. (19%, 3 Votes)
  • Marnitz Boshoff. Hy is die beste balverspreider tussen ons losskakels, en hy skop beter as Fouche pale. (0%, 0 Votes)
  • Louis Fouche. Hy is die man in die saal, en ons by hom bly om sy selfvertroue op te bou. (81%, 13 Votes)

Total Voters: 16

Loading ... Loading ...

Bulle vs Griekwas – Wie was jou speler van die wedstryd?

Posted by Laagvat August - 22 - 2011 - Monday 2 COMMENTS

Wie was jou speler van die wedstryd?

  • Louis Fouche (18%, 4 Votes)
  • Jano Vermaak (14%, 3 Votes)
  • CJ Stander (9%, 2 Votes)
  • Arno Botha (41%, 9 Votes)
  • Dean Greyling (18%, 4 Votes)

Total Voters: 22

Loading ... Loading ...

Watter impak gaan Sarel Pretorius hê op Vrydag se wedstryd

Posted by Laagvat August - 18 - 2011 - Thursday ADD COMMENTS

Watter impak gaan Sarel Pretorius op Vrydag se wedstryd hê?

  • Griekwas is nou gunstelinge om te wen (8%, 1 Votes)
  • Dit is nou 'n 50/50 wedstryd (42%, 5 Votes)
  • Sarel is 'n goeie aanvallende speler, maar sy verdediging sal die Bulle baat (17%, 2 Votes)
  • Bulle is nogsteeds gunstelinge, maar nie meer so oorweldigend nie (33%, 4 Votes)

Total Voters: 12

Loading ... Loading ...

Verdien Zane nog ‘n kans op buitesenter?

Posted by Laagvat August - 15 - 2011 - Monday 7 COMMENTS

Verdien Zane nog 'n kans op buitesenter?

  • Nee. Hy is nie 'n senter nie. (28%, 5 Votes)
  • Nee. Hy het te veel kanse verspeel, en iemand soos Stefan Watermeyer of Francois Venter sou daai kanse beter kon benut. (11%, 2 Votes)
  • Ja. Hy het die lyn 'n klomp keer gebreek, en dis nie sy skuld dat daar nie ondersteunende spelers naby was nie. (50%, 9 Votes)
  • Ja, maar net as daar beserings is. (6%, 1 Votes)
  • Nie seker nie. Dalk was sy breekslae meer as gevolg van die goeie bal wat ons skakelpaar en Wynand Olivier gekry het, as goeie hardlooplyne deur hom. (5%, 1 Votes)

Total Voters: 18

Loading ... Loading ...

Wie dink jy gaan die grootste invloed hê op Vrydag se wedstryd teen die Pumas?

  • Chiliboy Ralepelle. Hy is tans in die beste vorm van sy loopbaan, en gaan dinge voorlangs moeilik maak vir die Pumas. (23%, 3 Votes)
  • Deon Stegmann. Hy gaan die Pumas se grootste wapen by die afbreekpunte, kaptein Corne Steenkamp, neutraliseer. (8%, 1 Votes)
  • Jano Vermaak. Hy is net die inspuiting wat ons nodig het vir die agterlyn om te kliek. (46%, 6 Votes)
  • Wynand Olivier. Sy sterk lopies van vinnige bal gaan die Pumas kelder. (15%, 2 Votes)
  • Bjorn Basson. Sy opportunisme beteken dat die Bulle op die Pumas se foute sal teer, en dit omskakel in punte. (8%, 1 Votes)

Total Voters: 13

Loading ... Loading ...

Wie sal jy op skrumskakel kies vir die Pumas wedstryd?

Posted by Laagvat August - 8 - 2011 - Monday 1 COMMENT

Wie sal jy kies op skrumskakel vir die Pumas wedstryd?

  • Dustin Jinka. Hy is die man in die saal, en ken die wedstrydplan die beste. (0%, 0 Votes)
  • Jano Vermaak. Hy moet so gou as moontlik begin speel. (95%, 20 Votes)
  • Lohan Jacobs. Hierdie is 'n goeie kans om te sien wat in hom steek. (5%, 1 Votes)
  • Die paashaas. Hierdie seisoen is elk geval in sy glory in! (0%, 0 Votes)

Total Voters: 21

Loading ... Loading ...

Wie ondersteun jy in die finaal?

Posted by Laagvat July - 8 - 2011 - Friday 4 COMMENTS

Vastrap het my Donderdagaand gevra wie ek ondersteun in die Super Rugby finaal wat Saterdagoggend plaasvind. My eerste reaksie was dat ek dink die Reds verdien die titel.

Hul afrigter, Ewen Mckenzie, het volgens met die laaste jaar of twee baie hard gewerk met beperkte spelers tot sy beskikking. Die ommekeer wat hy in Reds rugby teweeg gebring het, sit nie in enige een se broek nie. Die Reds speel sweerlik die mooiste rugby in die kompetisie, en terwyl ek nog nooit een was wat kla oor lelike rugby nie, is hulle wedstryde baie aanskoulik.

Op hierdie noot is dit maklik om te sê die Reds bestaan eintlik maar net uit Will Genia en Quade Cooper.  Dit herinner my aan die 2002 Curriebeker finaal toe ondersteuners vertel het hoe Derick Hougaard man-alleen die Leeus geklop het. Enigeen wat sulke stellings maak, sit dit pot liederlik mis. Op daardie dag het Hougaard se pak voorspelers gesorg dat hy op die voorvoet is, en sy skakelmaat, Joost van der Westhuyzen, het hom met goeie diens gevoer (iets waarmee Joost gesukkel het in die 2003 Wêreldbeker wedstryd teen Samoa).

Die Reds se pak voorspelers het min groot name, indien enige, maar hulle speel hard om hulle skakelpaar daardie bietjie spasie te gun. Wat my egter die meeste beindruk van hierdie Reds span, is hoe slim hulle hul spel kan aanpas. Dink terug aan die wedstryd teen die Stormers op Nuweland, hoe die Reds hulle opposisie se verdediging uitgewerk en gefnuik het om hulle te klop.

Aan die ander kant sit mens met die Crusaders, ‘n span wat ‘n seisoen uit die hel gehad het. Hul tuisstad is hierdie seisoen herhaaldelik swaar getref met aardbewings, en sweerlik is daar nie nog ‘n span wat die Super Rugby finaal kan haal sonder om ‘n enkele tuiswedstryd te speel nie.

Die manne van Christchurch se afrigter, Todd Blackadder is net so uitgeslape soos sy direkte teenstander, en dit alleen behoort vir ‘n baie interessante rugby wedstryd te maak. Min mense sal stry dat die twee slimste spanne in die finaal is.

Terwyl my menslikheid voel dat die Crusaders die wen meer verdien as gevolg van hulle omstandighede, en op gronde van wat dit vir hulle stad kan doen, neig ek om bietjie meer na die Reds se kant toe te leun. Bloot net omdat ek graag sal wil sien dat Ewen Mckenzie die titel verower.

Wie ondersteun jy hierdie Saterdag, en hoekom?

Wie ondersteun jy in die Super Rugby finaal?

  • Crusaders (0%, 0 Votes)
  • Reds (100%, 4 Votes)

Total Voters: 4

Loading ... Loading ...

As jy nou ‘n wenner moet kies, wie sal jy verkies om die CB te wen? En vertel ons in die kommentaar hoekom jy so voel.

As jy nou 'n wenner moet kies, wie wil jy hê moet eerder die Currie beker wen?

View Results

Loading ... Loading ...
Wil jy deel wees van blou bul blog?