Berns het, kort op die hakke van Rene, ook lid geword van Klub 100 toe hy Woensdag sy 100ste ‘comment’ op die blog gemaak het.
Ons het so paar vragies aan Berns gestel:
1. Waar en hoe het jou ondersteuning van die Bulle begin?
Wel, ek is in die Oos-Kaap gebore en my eerste liefde was natuurlik Oostelike Provinsie, daardie dae toe Danie Gerber, Garth Wright en Frans Erasmus nog gespeel het. Vandat ek begin rugby kyk het in die laat 80′s was Noord Transvaal net ‘n aantrekking vir my. Toe ek 12 en ‘n half jaar terug Pretoria toe trek vir werk, het ek soos ‘n eend in water die Bulle begin ondersteun, dit was net natuurlik!


