bloubulblog.co.za

Die nie-amptelike Blou Bul ondersteuners blog

Juandre kry eerste Bumble Bee toekenning van seisoen

Posted by Laagvat February - 27 - 2012 - Monday ADD COMMENTS

Hierdie berig verskyn op die Bulls se webwerf:


Die Vodacom Bulls-slot, Juandré Kruger, het weggestap met die span se eerste Bumble Bee-toekenning van die Vodacom Super Rugby-reeks.

Die Bumble Bee is ‘n gesogte prys onder die spelers en word deur die spanbestuur toegeken aan die speler wat volgens hulle die grootste bydrae vir die span gemaak het in hul vertoning van die afgelope naweek.

Kruger se bydrae in die Bulls se 18-13 sege oor die Sharks op Loftus Versfeld was deurslaggewend. Hy het die lynstane skitterend beheer, puik spel vanaf die inskoppe en afskoppe gelewer en in ‘n stadium goed 80 meter ver gehardloop om op die dekverdediging te gaan red.

Nuwe kaptein en onder-kaptein Woensdag aangekondig

Posted by Laagvat November - 14 - 2011 - Monday 8 COMMENTS

Die Blou Bulle Rugby Unie (BBRU) hou Woensdag ‘n spesiale perskonferensie by Loftus Versfeld. Die doel van die perskonferensie is om die nuwe kaptein en onderkaptein vir volgende jaar se Super-seisoen aan te kondig. Die nuwe spelers sal ook bekendgestel word aan die media.

Daar is ‘n hele klompie kandidate vir die kapteinskap. Voorlangs sal Chiliboy Ralepelle een van die gunstelinge wees. Die oud-leerling van Pretoria Boys High was ‘n paar jaar gelede die eerste swart man om die Springbokke te lei in ‘n wedstryd, en word al jare lank geoogmerk as ‘n toekomstige Bok-kaptein.

Gasskrywer Johan gee Bul-Bokke punt uit 10 vir WB-vertonings

Posted by johan October - 13 - 2011 - Thursday 3 COMMENTS

Francois Hougaard het sy Wêreldbeker-debuut vir die Springbokke gemaak, toe hy as plaasvervanger gekies is teen Wallis. Hougaard het onmiddelik `n impak gemaak nadat hy vir Bryan Habana op vleuel vervang het en het sy heel eerste Springbok-drie gedruk. Suid-Afrika was 10-16 agter en Hougaard het oor geduik vir `n drie om die wedstryd vir die Springbokke te beklink.

Hoe goed is jou Curriebeker-wiskunde?

Posted by Laagvat October - 4 - 2011 - Tuesday 3 COMMENTS

Die Vodacom Blou Bulle staar ‘n steil paadjie in die oë om die Curriebeker halfeindstryd te haal. Tans is die Bulle in die vyfde plek op die punte-leër met 33 ligapunte na 12 wedstryde. In die vierde posisie, lê ons aartsvyande, die Westelike Provinsie op 36 punte.

Net bo die Streeptruie is die Cheetahs op 37 ligapunte, met die Leeus en Sharks in die boonste twee posisies met 45 en 38 punte onderskeidelik.

Staar die Bulle ‘n groot uittog in die gesig?

Posted by Laagvat September - 28 - 2011 - Wednesday 11 COMMENTS

In die laaste maand moes die Blou Bulle hoor hoe twee van hul belowende jong spelers die besluit geneem het om hul rugby-loopbane elders voort te sit. Beide Marnus Schoeman en Marnitz Boshoff het besluit om kontrak te teken by Griekwas vir volgende jaar.

Hierdie is die eerste twee spelers wat besluit om hul heil by ander provinsies te gaan opsoek, maar met van die Bulle se jonger spelers wat goed deurkom in die huidige Curriebeker reeks, mag daar dalk nog sulke gevalle wees.

Meer oor Louis Fouche

Posted by Laagvat August - 17 - 2011 - Wednesday 47 COMMENTS

Louis FoucheHierdie komende naweek sal Louis Fouche se eerste kans in die nommer 10 trui wees vir die Vodacom Blou Bulle in hul Curriebeker wedstryd teen die Griekwas. Die wedstryd vind Vrydagmiddag om 17:05 plaas op Loftus Versfeld.

Die jong losskakel het verlede Vrydag sy Curriebeker debuut gemaak toe hy vir Marnitz Boshoff vervang het in die laaste kwartuur van die wedstryd. Die speler met die kanonpoot het sommer vinnig gewys hy skrik nie vir die groot oomblik nie, deur die beslissende skepdoel deur die mikke te jaag. Moenie dink hy het 20 treë terug gestaan en wag vir ‘n missiel van ‘n aangee deur sy skrumskakel nie, nee wat, hy het sommer die bal so vlak gekry van Juandre Kruger af, en die bal tussen deur twee Puma verdedigers gejaag pale toe.

Kuün bereik 100 mylpaal op Loftus

Posted by Doelskop August - 5 - 2011 - Friday 5 COMMENTS
?

Derick Kuün die hardwerkende flank van die Vodacom Blou Bulle het gewys hy is ook een van die bestes in die taai wêreld van beroepsrugby deur Saterdag in sy 100ste provinsiale wedstryd vir die Blou Bulle te speel.

Die 27-jarige, wat ook twee seisoene lank eersterangse rugby as haker gespeel het, bereik Saterdag dié mylpaal van 100 wedstryde as hy vir die Vodacom Blou Bulle teen die Goue Leeus in ‘n Absa Curriebeker-wedstryd op Loftus Versfeld uitdraf.

Kuün het sy provinsiale debuut in Mei 2004 gemaak toe hy as plaasvervanger vir die Blou Bulle se Vodacombekerspan teen die Grens opgedraf het en is sederdien ‘n baken van voortreflikheid vir die unie.

Hoe om Deon Stegmann raak te sien Saterdag

Posted by Laagvat July - 29 - 2011 - Friday 2 COMMENTS

1. Vergeet van jou WP-tendense om voorspelers tussen die agterspelers te soek.

2. As dit Bokke bal is, sal Stegmann in die losgemale wees. (Soos wat sy 36 losgemale bygewoon verlede Saterdag aandui)

3. As dit All Blacks bal is, gaan Stegmann soos die res van die Bokke se span nie in die losgemale wees nie, maar in die verdedigingslinie. (Soos wat die hele Bokspan se statistieke verlede Saterdag aandui. Die Bokke commit nie spelers by die afbreekpunte nie, ek kan julle belowe dis nie Steggies se besluit gewees nie.) Stegmann staan gewoonlik as die derde verdediger van die losgemaal af, maar dit hang af van elke situasie.

Wie is hierdie Warwick Tecklenburg?

Posted by Laagvat July - 27 - 2011 - Wednesday 6 COMMENTS

Hierdie komende Saterdag word nog een van die Blou Bulle se belowende jong spelers kans gegun in die Curriebeker toernooi. Warwick John Tecklenburg is ‘n naam wat nie regtig oor die tong rol nie, en meeste ondersteuners sal nie veel weet van hierdie jong speler nie.

Die jong losvoorspeler is op 22 Januarie 1987 gebore, en het 0p ‘n plaas in die Barberton area grootgeword.  Die flank van 1.88m en 102kg het skoolgegaan by Uplands College net buite Witrivier in Mpumalanga.

Die Wynand Olivier debat

Posted by Laagvat July - 25 - 2011 - Monday 14 COMMENTS

Ek het verlede week hier voorspel dat die Bokke se nederlaag voor die deure van Wynand Olivier en Deon Stegmann geplaas sou word. En wraggies was ek reg! Maar ek kan nie eintlik krediet vat vir hierdie Nostradamus-agtige voorspelling van my nie.

Die is ‘n tendens wat al lankal vir Wynand Olivier van toepassing is, en vandat Stegmann se buiging gemaak het, pla dit hom ook. Oor Stegmann gesels ons later.

Voor ek voortgaan met hierdie artikel, wil ek net sê ek het nooit groot rugby gespeel nie, ek het nie rugby gestudeer nie, ek is maar net soos meeste van ons ‘n passievolle ondersteuner. Maar hierdie passievolle ondersteuner het hierdie naweek die punt van gatvol bereik met ondersteuners, en sommige sogenaamde kenners van die spel.

Wil jy deel wees van blou bul blog?