bloubulblog.co.za

Die nie-amptelike Blou Bul ondersteuners blog

Met ‘n swaar gemoed

Deur Laagvat April - 16 - 2012 - Monday
Dit is vandag met ‘n swaar gemoed dat ek die nuus met julle deel dat die bloubulblog nie meer sal voortgaan nie. Ek, Doelskop en Vastrap is op ‘n stadium in ons lewens wat dit baie moeilik maak om tyd opsy te sit vir die blog. Tussen die drie van ons kan ons nie meer die blog op datum hou nie, en ek is seker meeste van julle kan die verskil sien van verlede jaar tot nou.

Ons sal die blog in sy huidige formaat op die web los vir ‘n wyle, maar sal nie meer artikels plaas nie. Die skryf, en redigeer van artikels plaas te veel druk op ons vrye tyd.
Wees verseker dat hierdie besluit nie ligtelik geneem is nie.
Ek sal wel nog op twitter wees by @bloubulblog en gesels graag daar oor Blou Bul rugby.
Nou die Blou!

4 Responses to “Met ‘n swaar gemoed”

  1. avatar Willie Blou says:

    Verstaan. Sterkte.

  2. avatar makrovleuel says:

    Diepe teleeurstelling. Maak tyd by werk om die blog op datum te hou. Julle kan nie dat werk inmeng met ware bloubulrugby nie

  3. Nie baie goeie nuus nie, maar nou ja. Laagvat, as jy nie omgee nie, kan ek dan jou lesers oornooi na voelmyhoring dot com toe (vir die wat belang stel) om Blou Bul Rugby daar te kom gesels?

  4. avatar Owen Meany says:

    Jammer om te hoor. Vir die wat belangstel gaan na http://www.supersupporter.co.za.
    Ons is meestal lede van die ou Supersport forum wat n paar jaar terug toegemaak het. Kan doen met nog Blou Bul ondersteuners.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Wil jy deel wees van blou bul blog?