bloubulblog.co.za

Die nie-amptelike Blou Bul ondersteuners blog

JJ, Wilhelm kry kans in beginspander is

Deur Laagvat April - 11 - 2012 - Wednesday

Die afrigter van die Vodacom Bulls, Frans Ludeke het besluit om JJ Engelbrecht en Wilhelm Steenkamp los te laat op die Lions hierdie komende Saterdag.

Beide die spelers het gereelde verskynings op die veld gemaak die seisoen, maar dit was nog elke keer van die reserwebank af. Veral Engelbrecht het telke male ‘n verskil gemaak van die bank af, en moes al ‘n paar maal vir Johann Sadie vervang as gevolg van ligte stampe en stote.

Dit is dan ook in Sadie se plek wat JJ Saterdag sal opdraf. Sadie is een van drie reserwe agterspelers, die ander is Jano Vermaak en Louis Fouche.

JJ klop al heel seisoen hard aan die deur, na hy elke keer ‘n wesenlike verskil maak aan die agterlyn. Sy sterk verdediging sal ons handig te pas kom teen die Johannesburgers, en sy sterk hardloopwerk met sy uitstekende vermoëns om aansluiting te vind, kan die tuisspan kopsere besorg.

Persoonlik voel ek tot dusver dat JJ ‘n beter seisoen as Sadie beleef, maar mens moet ook ingedagte hou dat JJ eerder ‘n vleuel as ‘n senter is, en dat Sadie herstel het van ‘n besering. Dan het JJ ook die luukse om gereeld op die veld te verskyn as die Ligbloues reeds die oorhand het. Dit sal interessant wees om te sien of hy net so groot impak kan maak in die beginspan.

Wilhelm Steenkamp begin in die plek van Juandre Kruger, en sal ook die lynstaantekens oorneem. Steenkamp is ‘n baie goeie lynstaanspringer, en is uitstekend by afskoppe.

Daar kan verwag word dat beide Juandre Kruger en Johann Sadie kans sal kry laat in die wedstryd, en ek reken veral Kruger kan baljaar teen ‘n pak voorspelers wat al moeg gedryf is.

Verder is die span onveranderd, en sal hoop om die Lions oortuigend te klop. Die Bulls het skaflik vertoon oor die laaste 3 naweke as hul opposisie in ag geneem word, en hul sal hoop dat Saterdag se wedstryd ‘n kans op ‘n drieë bonuspunt sal bied.

Voor hul egter oor daardie bonuspunt kan dink, moet hul seker maak van die basiese aspekte van die spel. Ons hantering kan beter, en ook ons dissipline verbeter nie, selfs na daar week na week beloof word dat daar hard gewerk is agter die skerms.

Die span vir Saterdag se wedstryd lyk so (met getal wedstryde in hakies):

Zane Kirchner (60), Akona Ndungane (73), JJ Engelbrecht (6), Wynand Olivier (92), Bjorn Basson (31), Morné Steyn (95), Francois Hougaard (34), Pierre Spies (78, c), Jacques Potgieter (6), CJ Stander (6), Wilhelm Steenkamp (41), Flip van der Merwe (40), Werner Kruger (64), Chiliboy Ralepelle (41), Dean Greyling (21).

Reserwes: Bongi Mbonambi (1), Frik Kirsten (8), Juandré Kruger (6), Arno Botha (3), Jano Vermaak (78), Louis Fouché (4), Johann Sadie (11).

7 Responses to “JJ, Wilhelm kry kans in beginspander is”

  1. avatar Yorkie says:

    Miskien het julle al die website http://www.rugbystats.com.au, Ek het verlede Saterdag gedink PS het swak gespeel maar die stats wys dit was baie swak, 10 takcles 6 gemis, maar wel 3 turnovers.
    As ek HM vergelyk ek hom met n Keran Read en jammer om te se maar Spies skiet tekort, Read 8 tackles niks gemis, geen turnovers, rucks/mauls 13 PS 6 nou sal n mens PS sou meer die bal dra 4 (30) read 13 (91m) vie my se dit KRead se werk verrigting is baie hoer as PS. Ek dink DPotgieter gaan Saterdag vir PS vervang en ook as OKaptein. Dalk kort PS ruskans.

    • avatar Baya BuL says:

      yorkie dis goeie voorbeeld wat jy daar het , maar dit was net een game se stat , en die bulle het so so game gehad. Crusaders ook die moeilikste span in die kompetisie. kom ons hou daai stat dop week vir week en kyk wat gebeur , hou ook in gedagte pierre moet ook nog homself vind met die kaptein rol asook hele span wat nog moet gel.
      Ek verwys weer 2002 het HM by die bulle begin en hulle het al hul games verloor en eers 2006 die semis vir die eerste keer gehaal. Ek voel PS is nie net beste keuse vir die Bulle as kaptein nie , maar sommer ook vir die Bok span. As john smit n goeie bok kaptein was kan spies dit beslis ook wees. Duane vermeulen blaas beslis in sy nek maar die seuntjie moet nog eers in groot games sy naam inteken , spies dit al lankal klaar gedoen.

  2. avatar trueblue says:

    soos ek dinge verstaan vervang Wilhelm Steenkamp vir Flip en Juandre skuif na #4 slot met Flip wat uit 22 val om vir Dewalt plek te maak op bench (hoop sy arm hou en gelukkig is daar nie vensters in changeroom nie).ek hoop die skuif op senter help vir Sadie om bietjie confidence op te bou wanneer hy later opkom as game bietjie loser is,ek is n groot fan van hom en dink as hy nie eventually perform nie is dit ons (BB) se skuld.baie bly vir JJ,hy is n yster en mens kan sien hy geniet dit hier bo.lions gaan met alles kom maar dink nie hulle het genoeg om Bulls vir 80min vas te hou nie,hoe gouer ons hulle tjank aftrap hoe beter vir ons kanse vir 5 log points wat ons dan of gelyk of voor die stormers sal sit.NOU DIE BLOU!!!!

  3. avatar makrovleuel says:

    Ek reken ons het ‘n goeie kans die naweek, al wat my bekommer is die sielkundige teleurstelling as Morne Steyn nie die balle oor die dwarslat skop nie. Die manne moet aanvaar dat kan gebeur asook ons ondersteuners

  4. avatar Baya BuL says:

    More Laagvat … sopas haaitjies gekyk sonder Bismark.
    Sal beslis Burden se eerlike harde spel vat enige dag bo kophaantjie. lekker drie gesien , keegan daniels speel al hoe slimer en beter , gaan hom beslis een sterretjie gee vir vandag. Omtrent al ligpunt in swart.

    More Yorkie …. kry biekie die week rugby stat op JP Pietersen.
    Ek wil amper se skokkend , daai 6 mis tackles van Spies gaan maar min wees. My ma .. en sy is 70jaar , se hy teckle soos n meisie.
    Ek het amper my jack afgelag …… lag nogsteeds … bwahahaha

    Ek se altyd Sharks kan net rugby speel teen die Bulle …. punt

  5. avatar Yorkie says:

    Verlede week was W Alberts net so swak 12 tackles en 8 gemis. Ek is n PS fan maar dit help ons staar ons blind teen die foute nie. Ek vandag mooi gekyk na sy tackles en sy tackle metode is verkeerd. Vir een of ander rede tackle van die kant af, nie seker of hy die bal wil af neem of wil draai nie maar wat hy ookal geleer is het hy nog nie onder die knie nie. Die drie van Josh Strauss vandag moes het die man head-on tackle en hy probeer n sywaartse tackle, enige speler wat vorentoe beweeg gaan verby hom gly. Spies is ook in die top tien van missed tackles.
    Baya Bul die tackle stat is nog nie beskikbaar nie ma sal kyk.

  6. avatar Yorkie says:

    Baie beter vertoning deur PS, 11 Tackles 2 gemis en n baie goeie line break 2 turnover. JP Pietersen 10 tackles 2 gemis (teen blues) 8 en 2 gemis teen Hurricans

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Wil jy deel wees van blou bul blog?