bloubulblog.co.za

Die nie-amptelike Blou Bul ondersteuners blog

Ludeke maak geen veranderinge

Deur Laagvat April - 4 - 2012 - Wednesday

Die span van die Vodacom Bulls wat Saterdag teen die Crusaders op Loftus Versfeld speel, is dieselfde een wat verlede naweek met ‘n bonuspunt van Nuweland teruggekeer het.

Die Vodacom Bulls se afrigter, Frans Ludeke, het sy vertroue in dieselfde 22-tal as teen die Stormers uitgespreek om teen die spogspan van Canterbury te speel.

Ludeke het gesê sy span kry ‘n kans om die foute van verlede naweek reg te stel, maar bygevoeg dat die Crusaders selfs meer eise as die Stormers kan stel, al is die wedstryd op Loftus Verfeld.

“Hulle het ‘n magdom All Blacks en ‘n klomp van hulle was deel van die span wat die Wêreldbekertoernooi gewen het. Hulle beskik dus oor die vaardighede en temperament om wedstryde soos dié te wen. Ons durf egter nie tuiswedstryde prysgee nie en besef watter skade ‘n nederlaag ons veldtog kan aandoen.”

Ludeke het ook gesê die beseerde haker, Willie Wepener, kan tussen drie weke en drie maande buite aksie wees.

“Willie het ‘n virus opgedoen wat sy gesigspiere aantas en ongelukkig is daar nie ‘n behandeling wat dit onmiddelik kan regstel nie. Dit beteken dat hy nie in die volgende paar weke vir ons sal kan speel nie. Ons het egter baie vertroue in Bongi Mbonambi, wat deur ons junior strukture gevorder het.”

Die span (met getal Super-wedstryde) is:

Zane Kirchner (59), Akona Ndungane (72), Johann Sadie (10), Wynand Olivier (91),  Bjorn Basson (30), Morné Steyn (94), Francois Hougaard (33), Pierre Spies (77, k), Jacques Potgieter (5), CJ Stander (5), Juandré Kruger (5),   Flip van der Merwe (39), Werner Kruger (63), Chiliboy Ralepelle (40), Dean Greyling (20).

Plaasvervangers: Bongi Mbonambi* (0), Frik Kirsten (7), Wilhelm Steenkamp (40), Arno Botha (2), Jano Vermaak (77), Louis Fouché (4), JJ Engelbrecht (5).

2 Responses to “Ludeke maak geen veranderinge”

  1. avatar Baya BuL says:

    ek gaan altwee my duime vashou saterdag ….

  2. avatar Bloem Bul says:

    Ek dink dit is goed dat die span diselfde bly. Ek sal ook noggal daarvan hou as hulle biekie vir Vermaak begin met Hougi op vleul, en JJ op senter.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Wil jy deel wees van blou bul blog?