bloubulblog.co.za

Die nie-amptelike Blou Bul ondersteuners blog

17 Bulletjies haal vergrote Baba Bokkies oefengroep

Deur Laagvat April - 4 - 2012 - Wednesday

Die Blou Bulle het 17 spelers in die o20 Bokkies se vergrote oefengroep wat ‘n oefenkamp van 10 tot 23 April sal bywoon in Slaapstad… ekskuus, Kaapstad.

Die enigste ander unie wat naby aan die getal spelers kom, is die Westelike Provinsie met 10 spelers.

Daar is wel ‘n paar spelers wat as gevolg van Super Rugby verpligtinge, en beserings, nie oorweeg is vir die oefengroep nie. Steven Kitshoff (WP), Paul Jordaan (Sharks), Johan Goosen (Vrystaat), William Small Smith (Blou Bulle), Paul Willemse (Goue Leeus), Ruan Botha (Goue Leeus), Ettiene Oosthuizen (Goue Leeus) sal almal wel in aanmerking kom vir die finale groep vir die o20 Wêreldtoernooi in Stellenbosch en Kaapstad later vanjaar.

Tydens die oefenkamp sal daar twee wedstryde gespeel word teen ‘n span van Argentinië. Die kragmetings sal op 14, en 21 April plaasvind in Stellenbosch. Daar sal ook ‘n weekwedstryd teen ‘n uitnodigingspan, wat meestal uit o19 spelers sal bestaan, gespeel word.

Afrigter Dawie Theron het ‘n paar o19 spelers gekies vir die groep, met die oog op volgende jaar. Dit sal hom en sy keurders die kans gee om te kyk na die volgende generasie spelers, en sal vir ‘n handvol spelers die kans gee om die Baba Bokkies twee jaar agtereenvolgens te verteenwoordig. Op hierdie jonge ouderdom is ‘n ekstra seisoen se ervaring goud werd.

Die Blou Bul spelers sluit ‘n paar van Tukkies se Varsity Cup en Young Guns sterre in, onder andere Tuks o20 kaptein Marvin Orrie en sy spanmaats Shaun Adendorf, Travis Ismail en Neethling Fouche. Dan sal spelers soos Tony Jantjes, Jan Serfontein en Wian Liebenberg hoop dat hul Vodacombeker-ervaring handig te pas sal kom in hul strewe om opgeneem te word in die finale groep.

Maak ons trots, Bulletjies!

Die SA o20 oefengroep is:

Blou Bulle:

Abrie Griesel, Hendrik van Wyk, Jan Serfontein, Jason Thomas, Marzuq Maarman, Jaco Visagie, Rudi van Rooyen, Shaun Adendorf, Tony Jantjies, Travis Ismail, Wian Liebenberg, Jacques du Plessis (o19), Andrew Beerwinkel (o19), Leneve Dames (o19), Marvin Orrie (o19), Neethling Fouche (o19), Ruwellyn Isbell (o19).

Vrystaat:

Kevin Luiters, JJ de Klerk, Hlanhla Hlungwane (o19).

Goue Leeus:

Fabian Booysen, Marais Schmidt, Mark Pretorius, Ruan Venter, Vian van der Watt, Harold Vorster (o19).

Sharks:

Allan Dell, Franco Marais, Braam Steyn, Khaya Majola, Nicolaas van Dyk, Pieter Steph du Toit.

Westelike Provinsie:

Cobus Nel, Dean Hammond, Dillyn Leyds, Lungelo Chonco, Patrick Howard, Rayn Smid, Kobus van Wyk, Stephan Coetzee, Tshotsho Mbovane, John Ben Kotze (o19).

One Response to “17 Bulletjies haal vergrote Baba Bokkies oefengroep”

  1. avatar Willie Blou says:

    Skaapstad. :) Geluk aan al die Bulletjies. Solank hulle net in die Varsity Cup Maandag aand kan speel. Ek glo dit is die reëling(?), dat hulle die volgende oggend van die 10de eers vlieg. Sal baie hartseer wees as Tukkies finaal gehaal het, net om ‘n klomp van hulle spelers te moet afstaan op die finals. Maties glo ook, maar nie so baie as ek sien hoeveel Bulle is in die groep nie. Sterkte aan Tukkies, en sterkte aan die spelers in die SA oefen groep. Hoop die rugby standaard is hoog in die oefenkampe.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Wil jy deel wees van blou bul blog?