bloubulblog.co.za

Die nie-amptelike Blou Bul ondersteuners blog

Swart, nee Pienk dag op Nuweland

Deur Doelskop April - 2 - 2012 - Monday

Die Bulls het Saterdag vasgeval teen die Stormers op Nuweland en met 20 -17 verloor op ‘n dag wat seker meer pienk as swart beskou kan word. Voor ek oor die wedstryd gesels, as ‘n baie passievolle Bulls ondersteuner was die pienk gewaad nou glad nie vir my mooi nie. Behalwe vir die pienk truie, moes hulle nou nog met pienk broeke en pienk kouse ook uitdraf, en ek is jammer maar Dean Greyling of Pierre “Die Bus is Vol” Spies lyk glad nie so goed of eerder skrikwekkend in pienk nie. Maar dit daar gelaat…

Soos ons maar altyd verwag van ‘n wedstyd tussen die Bulls en die Stormers was dit ‘n harde wedstryd en was dit ‘n wedstryd wat enige kant toe kon gaan. Ek beskou dit as ‘n wedstryd wat die eerste helfte aan die Stormers behoort en die tweede helfte aan die Bulls.  Die Bulls het die eerste helfte vir my bietjie deurmekaar gelyk en dit het gelyk of die fokus nie daar was nie. Op ‘n stadium het ek gedink hulle emosies kry dalk die oorhand en Craig Joubert het skuins voor halftyd die Bulls gewaarsku nadat Juandre Kruger ‘n paar keer oortree het, en Dean Greyling ook so paar keer gelyk het of hy sy humeur verloor. (Dit was wel lekker om te sien hoe hy vir Andries Bekker met ‘n een hand stamp op die grond laat sit het).

In dieselfde asem dink ek die Bulls was gefrustreerd met die Stormers wat bitter naby aan die onkant lyn was en ook met geniepsigheid wat deur Joubert oorsien was. Tiaan Liebenberg kon op enige ander dag ‘n geel kaart vir ‘n “Professional Foul” gekry het toe hy vir Basson vasgehou het om te keer dat hy vir die bal gaan. Joubert het net vir hom gesê “Don’t be Silly”. Duane Vermeulen het met moord weg gekom en kon die Bulls net eenvouding nie momentum op bou nie. Craig Joubert het vir my glad nie so goeie wedstryd geblaas soos wat almal sê nie, dit het gevoel of hy ons die heeltyd straf, maar vir dieselfde oortredings waarsku hy net die Stormers, en knoop hy geselsies aan met Jean de Villiers.

Die tweede helfte het die Bulls baie goed gespeel en ek wonder nog altyd wat word in daardie kleedkamer vir hulle gesê. Basson het sy spoed gewys met ‘n goeie drie nadat die Stormers die bal verloor het, en met Wynand Olivier se drie het dit vinnig gelyk of die Bulls dalk net hierdie wedstryd kan deur trek. Morne Steyn het ongelukkig weer ‘n effense af dag gehad met die skopvoet met twee mislukte strafskoppe en ‘n skepskop wat kort was.

Die Stormers het die voortou geneem net voor die eindfluitjie met ‘n baie ge-debateerde beslissing. En ek wil sê dat dit ‘n baie swak beslissing was deur Joubert (wat dit verseker was), maar ek dink die hele kwessie rondom skrum reëls is duister en moes daardie nie ‘n strafskop gewees het teen die Bulls nie. Ek dink ons het dieselfde gevoel gehad as die Cheetahs so paar naweke gelede toe hulle ook ‘n strafskop afgestaan het by die skrum onder dieselfde omstandighede en hulle die wedstryd verloor het.

Op die einde van die dag sê die telbord die Bulls het verloor, en sekere dinge het op die dag net nie in ons guns getel nie. Ek dink as ‘n opsomming van die wedstryd het die Bulls goed gespeel, en het die span wat bekend staan vir hardloop rugby (Dis nou die Stormers) nie baie gehardloop nie, en het hulle baie verdedig, en vir die span wat ook veronderstel is om die beste op verdediging te wees het die Bulls twee keer agter hulle doel lyn gaan kuier.  Ek glo die Bulls sal hierdie week hard werk en gaan ons die naweek die Crusaders laat les opsê op Loftus.

Nou die blou!

(‘n Vriend van my is ‘n rugby skeidsregter op ‘n hoë vlak, en hier is wat hy vir my gesê nadat ek hom gevra het oor die skrum reëls na die strafskop teen die Bulls saterdag. – Doelskop, daardie strafskop was verkeerdelik teen die Bulls gegee. Op die kykweer was dit baie duidelik dat die Stormer stut pad gegee het wat veroorsaak het dat Dean Greyling “op” gaan. Die strafskop moes eintlik teen die Stormers gewees het. Oor die algemeen word die span op verdediging gestraf veral as die skrum meer as een keer gevorm moet word. Dit is ongelukkig die skeidsregter se diskressie maar ek stem saam dat daar te veel waarde aan sekere skrum reëls gevoeg word. (Strafskop teen oor ‘n Vryskop).

 

15 Responses to “Swart, nee Pienk dag op Nuweland”

  1. avatar BlouArie says:

    Ek hou ook nie van die pienk nie, die truie kon dalk nog gaan maar die broeke en kouse? Nee magtig dis `n swak keuse van die borge.
    Hoop Derek is gou reg, is Steyn nou al ou wat kan of kon skop in Pretoria? Elke keer as hy af is verloor ons die game, en ek wil nie eers praat oor die ref nie dit jaag net my bloedruk op, maar ten spyte van als kon ons gewen het as Steyn net sy werk gedoen het.

  2. avatar superBul says:

    Dit is regtig vernederend die pienk klere, ek persoonlik sal niks maar absoluut niks van Puma koop hieroor nie. Waar kom ons aan so n bleddie borg.

  3. avatar superBul says:

    Copied from R-T, the full article can be read there

    I found this article written by Ben Karpinski from http://www.thebounce.co.za , and thought I would post it ad verbatim. I post it not because I want to continue the daft pink debate, but rather to end it. Thank you Ben, good article

    http://www.thebounce.co.za

    The big talking point of the beginning of this year’s SupeRugby tournament was that the Bulls’ second strip would be pink. The jokes and photo shopped images rolled out thick and fast, no doubt to the joy of kit sponsor Puma who had created a huge talking point amongst SA rugby fans. But we all had to wait until week 6 to actually see them in it. And oh boy was it so much pinker than any of us could have imagined…

    I thought nothing wrong of the pink jersey with ‘jacaranda’ zig zags on the front. But to add electric pink shorts and socks to the outfit was just so much to take in as they ran out of the Newlands tunnel this past Saturday.

    The Newlands Faithful, always up for a bit of a vocal welcome for their old foes, found it hard to not add a bit of laughter to the usual boos just before the kick off of SA rugby’s biggest derby. The Sharks dabbled with a bit of pink in their jerseys for charity recently, but it was a weak effort and just looked like one of Ross Skeate’s red g-strings had run into the white of the jerseys in the team wash. The Bulls however, well when Puma said they were going to make them pink they were telling no pork pies. They looked like giant Vanish bottles! Twitter was abuzz with a throng of jokes on the subject, at one stage ‘binnepoespink’ was even trending in SA! I myself couldn’t help but let a few one liners fly during what was certainly a landmark moment in SA Rugby.

  4. avatar superBul says:

    Gerhard says:
    April 2, 2012 at 1:03 pm

    My personal oppinion is that it only is for puma an atvertizing medium and they do not care about the Bulls brand and only about the publicity that they can get.

  5. avatar Laagvat says:

    menere, die verloor was ‘n bittere pil om te moet sluk. veral as mens ‘n skoonfamilie het wat stoere wp ondersteuners is. en as mens ‘n vrou het wat twee keer ‘n jaar rugby kyk, en dis as “haar” span teen die bulls speel, en dan nog bleddie wen ook. ek gebruik sommer ‘n drie letter woord.

    oor die truie, ons kan steen en been kla daaroor. maar dit gaan niks uitrig nie. die truie is nou deel van ons vir die res van die seisoen, en terwyl min (of geen) van ons hier hou van die hele pienk gewaad nie, kan mens tog nie stry met die feit dat 5 pienk truie verkoop word vir elke 1 blou trui nie (en dis op konserwatiewe beraming, het al gehoor dis nader aan 9 tot 1).

    feit is, ons het saterdag nie genoeg gedoen om die wedstryd te wen nie. morne moes beter pale toe geskop het, maar ons kan nie die nederlaag weer voor sy deur lê nie. daar is 15 spelers op die veld, en elkeen dra ewe swaar aan die verantwoordelikheid om sy beste te lewer.

    wat my pla, is dat frans ludeke en kie voor die wedstryd goed geweet het die stormers gaan ons agter die voordeellyn kom duik, en tog het ons baldraers die bal meters agter die voordeellyn ontvang, net om deur drie stormers verdedigers teruggedra te word. nietemin het ons goed gedoen om ons bal te beskerm, alhoewel mens kan redeneer die stormers nie regtig gekompeteer het op die grond nie.

    mens het ook nie regtig nodig om te kompeteer vir die bal, as mens 3m veld wen met elke fase wat jou opposisie opsit nie.

    ek sou graag dalk ‘n steekskoppie of twee wou sien, net om die stormers se verdedigers so klein bietjie op die agtervoet te sit.

    maar met morne se middelmatige skopwerk, flip se geelkaart, en ons gesukkel by die voordeellyn, moes die stormers nogsteeds staatmaak op ‘n baie gelukkige strafskop om ons te klop.

    soos een van ons volgelinge op twitter gesê het, hierdie bulls span gaan bekers wen voor die stormers gaan. hulle onvermoë om drieë aan te teken (met kwansuis die opwindendste agterspelers in die land, as jy na hulle luister) gaan hulle nog lelik byt.

    • avatar Bloem Bul says:

      Die stormer agterlyn het op die stadium net een probleem in hulle agterlyn, en die probleem is JdJ op 13. Hy het al die kere wat hy die bal gekry het net een keer uitgegee. As ek BH en GA was het ek hom lankal uitgetrap, want hulle sien glad nie balle nie, net as die ander span vir hulle skop kry hulle balle in hand

  6. avatar Laagvat says:

    dan moet ek ook net noem, frik kirsten het my baie beindruk toe hy opgekom het.

    miskien was kitshoff al bietjie uitasem, maar frik het vir hom mooi gewys hy het nog ver om te gaan.

  7. avatar Bloem Bul says:

    Ek persoonlik dink dat ons so uitgestaan het in pienk dat Craig net ons kon raaksien op die veld, en niks stoemer oortredings nie. Dink ook hulle kon ten minste blou broekie en sokkies aangetrek het.

    Daar is n hele klomp manne wat vir my goeie wedstryde gehad het, Flip het vir my n stil game gehad, hy raak vir my weg as dit n fiesiese game is. Dwane en kie het regtig met moord weggekom. Ek dink hulle het die bulle verbaas in die eerste paar minute en in plaas van dat die bulle op hulle eie game konsentreer het hulle betrokke geraak by die off-the-ball dinge.

    Waarom het ons nie in die eerste helfte die punte gevat toe ons strafskoppe in hulle helfte gekry het nie? Ons moes weet dat dit n close game sou wees.

    Laaste dink ek die nuweland skare is regtig by verre die swakste in die land!!!! Waar het jy gesien dat hulle terwyl iemand pale toe skop speel jy stormers oor die pa system. Dit is regtig baie swak styl.

  8. avatar Yorkie says:

    Net soos met die blues game het MS se eerste fout ons onmiddelik op die agtervoet gesit. Dit bly maar n sielkundige ding en dit was swak van die land se no 1 losskakel om direk uit te skop. PS se besluit om vir n drie so vroeg in diegame te gaan was verkeerd en dit het ons gekos.
    Ja en Cjoubert was swak op die dag.

  9. avatar boerseun55 says:

    Hallo Almal,

    Wel aangesien ons in die pienarie sit sonder `n goeie backup skopper, dink julle nie ons moet weer vir Hougaard(Derick) kontrakteer as hy van sy besering ontslae geraak het nie?

    Ek wag om te hoor wat julle dink!

  10. avatar Doelskop says:

    Ek moet eerlik wees, ek het lanklaas gesien hoe speel liefling rugby, maar in prinsiep stem ek saam. Hy is nou nie juis meer ‘n “youngster” in rugby terme nie, en ek weet nie of Ludeke hom sal kontrakteer met toekoms planne in sig nie. Maar die punt bly staan ons moet ‘n tweede skopper kry, en dit voel nie vir my of Louis Fouche al heeltemal daar is nie..

    • avatar boerseun55 says:

      Ek het sy werke gevolg oorsee en hy het baie goed gedoen tot hy seer gekry het!
      Ek verstaan hy is nie `n ‘youngster’ nie maar hy het vokken baie talent en is 29. Ek glo liefling kan nog vir ons baie beteken.

      Louis Fouche, ek is jammer, maar nie `n losskakel nie, hy kan nie dink met bal in hand onder pressure nie, sal hom eerder heelagter toe stuur want wie is Kirschner se opvolger.
      Louis het `n groot voet en dit is wat ons nodig het in `n heelagter. Hy moet dalk net leer onder die hoe bal kop te hou, maar ek glo regtig dat liefling vir ons die antwoord is op die oomblik.

  11. avatar Baya BuL says:

    Ek stem nie saam met derick as n oplossing nie. En dis glad nie iets met hoe hy speel of perform nie. ek was groot aanhanger van derick voor hy weg is. Hy is 29 en is nie meer langtermyn oplossing nie , boonop wil hy n groot salaris trek . gaan vergelyk hulle statistiek op wikepidia en morne het nie net oophande sy kanse gevat nie , hy het self Baas naas se statistiek oortref. kan nie glo meeste wil hom skielik vir die wolwe voer nie , en na my mening as die bulle as n span elke wedstryd soos die 2de helfte speel sal morne weer beslis ook ritme kry. Spies sal ook sy eie hoeveelheid op die veld besluite maak wat mens kan debateer, se nou die bulle het 1ste n 7 punte aangeteken en dalkies weer n 7 punte voor halftyd met dalk skop of 2 oor geklits en met so 2de helfte sou die stormers amper soos reds gelyk het.
    Derick sal in my mening moet beter as morne speel om weer die top loskakel te word in bulle se span.
    Ook sal ek hoop die hougaard faktor speel nie rond in morne se kop noudat hy reeds op die pawiljoen sit nie , die dat morne nog nie vorm vat soos ons hom ken nie.
    het derick dalk engelse burgerskap verkry en hoekom kies engeland nie hom vir hulle nasionale span nie ? kan iemand my met die vraag help asb ?

    • avatar boerseun55 says:

      Kyk ek se nie hy moet vir Morne vervang as nommer 1 skopper nie, hy kan nie. Morne is `n klas hoor as hy, maar hy is die perfekte man wat `n paar wedstryde kan begin sodat Morne bietjie kan rus, die arme man word uit gebrand met al die games wat hy speel, hy begin altyd en ek voel dit is nie goed vir sy loopbaan nie.

      Derick kan van die bank af speel en `n hele paar games begin, hy is dalk nie `n lang termyn oplossing nie, maar kan uit help tot dat die Bulle so oplossing kry. Gee hom die salaris, ek het in elk geval geglo toe hy vir Dan Carter ore aan gesit het in 2007 Super 14 dat hy nie genoeg betaal was nie. Hy was briljant en ons moes hom nooit laat gaan het nie.

      Hy en Morne saam, geen span gaan `n antwoord he nie, altwee is baie goed maar elkeen het die X faktor wat die ander spanne nie het nie.

      • avatar Baya BuL says:

        Eientlik is jy reg , ek was mal daaroor toe hulle destyds so gespeel het en heyneke hulle geroteer en mekaar vervang het in games . derick het in sy eerste CB finaal al Naas se beste finaal rekord laat spat so ek sal nooit kan se derick is nie self in staat om op gelyke voet met morne te kan gesels nie. Hy was groot puntemaker destyds in CB reeks en ek sal altyd voel hy het homself ingedoen deur sy skuif . Dit kon netsowel sy naam by al die rekords gewees het. Derick is vir seker n blou bul in hart so hy sal altyd welkom wees in blou .

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Wil jy deel wees van blou bul blog?