bloubulblog.co.za

Die nie-amptelike Blou Bul ondersteuners blog

van Velze draf voor vir Vodacom Blou Bulle

Deur Laagvat March - 23 - 2012 - Friday

Ná ‘n besoek aan die plaasvervangerbank van die Vodacom Bulls teen die Blues en Northampton om ‘n kontrak met die Saints te sluit, is Gerrit-Jan van Velze weer terug in bekende waters en voer hy die Blou Bulle Saterdag aan as hulle die Goue Leeus in ‘n Vodacombekerwedstryd op Loftus Versfeld pak.

Die Blou Bulle soek ‘n eerste sege ná ‘n stadige begin in die reeks.

‘n Nederlaag in hul openingswedstryd en ‘n gelykop-uitslag verlede week was nie die beste manier om die kompetisie te begin nie, maar dinge lyk heelwat beter vir afrigter Pine Pienaar.

Die terugkeer van Van Velze, die insluiting van die SA o.20- en Bulls-senter, Francois Venter, en die terugkeer na fiksheid van Jean Cook en Cornell Hess, maak die Blou Bulle gedug.

Pienaar meen sy span het geen keuse anders as om hulle beste rugby te speel nie.

“Ons het baie verbeter teen die Pumas, maar sal die kurwe moet volhou as ons teen die Leeus wil wen. Daar is nie baie wedstryde oor in die reeks nie en as ons aan die regte kant van die uitspeelfase wil wees, moet ons begin wen. Ons het ‘n talentvolle span en dit het tyd geword dat ons dit regverdig.”

Die span wat Saterdag om 14h45 teen die Goue Leeus speel, is: Ulrich Beyers, Sampie Mastriet, Jan Serfontein, Francois Venter, Jurgen Visser, Tony Jantjies, Ruan Snyman, Jono Ross, Jean Cook, Warwick Tecklenburg, Cornell Hess, Gerrit-Jan van Velze (k), Rayno Gerber, Bongi Mbonambi, Vincent Koch.

Plaasvervangers: Robbie Coetzee, Basil Short, Franco Mostert, Daniel Adongo, Rudi van Rooyen, Wesley Dunlop, Clayton Blommetjies.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Wil jy deel wees van blou bul blog?