bloubulblog.co.za

Die nie-amptelike Blou Bul ondersteuners blog

Sadie en Hougaard terug in beginspan

Deur Laagvat March - 21 - 2012 - Wednesday

Francois Hougaard en Johann Sadie is terug in die span van die Vodacom Bulls vir Saterdag se Vodacom Super Rugby-wedstryd teen die Reds op Loftus Versfeld.

Hougaard is weer beskikbaar ná ‘n skorsing hom die wedstryd teen die Blues laat misloop het en Sadie weer fiks ná ‘n skouerbesering wat hom die wedstryde teen die Cheetahs en Blues laat misloop het.

Hul terugkeer is die enigste veranderinge aan die beginspan van afrigter Frans Ludeke.

Hougaard vervang Jano Vermaak, wat plaasvervangerbank toe skuif en Sadie vir Francois Venter, wat uit die wedstryd 22 gelaat word. Sadie sal buitesenter en Wynand Olivier binnesenter speel.

CJ Stander, wat op kort kennisgewing die plek van die beseerde Deon Stegmann teen die Blues moes vul, is weer op sy pos met Stegmann wat steeds las het van sy dyspier.

Arno Botha is as plaasvervanger gekies en kan sy Super-debuut maak as hy speelkans kry. Botha het pas herstel van ‘n rugbesering en sy fiksheid bewys deur vir die Blou Bulle se Vodacombekerspan teen die Pumas uit te blink. Hy vervang Gerrit-Jan van Velze.

Ludeke het gesê die Reds is sy span se grootste uitdaging tot dusver in die reeks.

“Hulle is die kampioene en dit is die maatstaf waarteen ons gemeet gaan word. Ons het dus ‘n kampioen-vertoning nodig as ons die wedstryd wil wen. Die vertoning teen die Blues was nie goed genoeg nie, maar ons besef dit en het hard gewerk om meer akkuraat te wees.”

Die span (met getal Super-wedstryde) is:

Zane Kirchner (57), Akona Ndungane (70), Johann Sadie (8), Wynand Olivier (89), Bjorn Basson (28), Morné Steyn (92), Francois Hougaard (31), Pierre Spies (75, k), Jacques Potgieter (3), CJ Stander (3), Juandré Kruger (3), Flip van der Merwe (37), Werner Kruger (61), Chiliboy Ralepelle (38), Dean Greyling (18).

Plaasvervangers: Willie Wepener (43), Frik Kirsten (5), Wilhelm Steenkamp (39), Arno Botha (0)*, Jano Vermaak (75), Louis Fouché (3), JJ Engelbrecht (3).
* Debuut

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Wil jy deel wees van blou bul blog?