bloubulblog.co.za

Die nie-amptelike Blou Bul ondersteuners blog

Sadie herstel van skouerbesering

Deur Vastrap van der Merwe March - 19 - 2012 - Monday

Soos verwag het Johann Sadie Maandag saam met die span begin oefen, na sy skouerbesering wat hy in die eerste rondte opgedoen het.

Flip vd Merwe se enkel lyk ook weer gesond en die oomblik is dit net Deon Stegmann se dyspier wat nog pla.

Stegmann sal later in die week ‘n fiksheids toets moet slaag om Saterdag die Reds te kan aandurf.

3 Responses to “Sadie herstel van skouerbesering”

  1. avatar Yorkie says:

    Hoop Stegman kry n goeie verjaarsdag persent Donderdag en dat hy kan speel.

  2. avatar Yorkie says:

    Ek lees nou Stegman gaan nie speel nie, waarom sit ons nie Teklenberg op of ten minste op die bench nie, vir my het nog elke keer die geleentheid aangegryp.
    Digby Iona ook geskors vir 5 weke, hy is n gevaarlike man en sien hom eerder langs as op die veld.

    • avatar Laagvat says:

      haai yorkie, het die stegmann storie op die hoofblad. dis slegte nuus. ek sou ook graag vir tecklenburg wou sien speel, maar ek dink die kanse is baie skraal daarvoor.

      ioane se skorsing is goeie nuus. klink my sy drie vorige uitwysings vir boorvatte het swaar teen hom getel. die reds gaan hom mis. die bulls nie.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Wil jy deel wees van blou bul blog?