bloubulblog.co.za

Die nie-amptelike Blou Bul ondersteuners blog

Serfontein maak sy debuut

Deur Vastrap van der Merwe March - 14 - 2012 - Wednesday

Die skolerugby ster, Jan Serfontein, maak Saterdag sy debuut vir die Blou Bulle se Vodacombekerspan teen die Pumas in Nelspruit.

Die SA Skolespeler het van ‘n bobeenbesering herstel en is gereed vir sy senior debuut in die Mbombela-stadion.

Afrigter Pine Pienaar moes is weens beserings genoodsaak tot skuiwe, maar het ook die voordeel om spelers uit die Vodacom Bulls se groep te gebruik.

Ruan Snyman is terug ná Super Rugby-diens en vervang Lohan Jacobs as skrumskakel en Arno Botha het van sy rugbesering herstel. Hy vervang sy nasionale o.20-spanmaat, Jean Cook, wat beseer is.

Daniel Adongo skuif slot toe in die beseerde Cornell Hess se plek.

“Ons was treurig teen Griekwas en het hard gewerk om die onnodige foute uit te skakel wat ons teen hulle gekelder het. Die taak raak nie makliker nie, want die Pumas in Nelspruit is ‘n baie strawwe wedstryd. Ons het egter ‘n jong span propvol belofte. Ek is vol vertroue dat ons ‘n veel beter vertoning sal lewer,” het Pienaar gesê.

Die Blou Bulle se span wat teen die Pumas speel, is: Jurgen Visser, Sampie Mastriet, Ulrich Beyers, Jan Serfontein, Clayton Blommetjies, Wesley Dunlop, Ruan Snyman, Jono Ross (k), Arno Botha, Warwick Tecklenburg, Franco Mostert, Daniel Adongo, Rayno Gerber, Bongi Mbonambi, Dawie Steyn. Plaasvervangers: Robbie Coetzee, Basil Short, Marvin Orrie, Lean Schwartz, Lohan Jacobs, Tony Jantjies/Courtnall Skosan, Jean du Plessis.

2 Responses to “Serfontein maak sy debuut”

  1. avatar Vastrap van der Merwe says:

    Dit kan interesant wees. Ons het almal nou al van die ou gehoor, en hom sien speel vir die Craven Week Span.

    Kom ons hoop hy kom so goed deur soos Francois Venter.

  2. avatar Yorkie says:

    Ek het nou die Vodacomspan se game gekyk en hulle lyk by goed afgerig nie. Die backline is pateties om die minste te se, 6 lynstane so ver verloor. Hopenlik maak die veranderings n verskil anders is daar n afrigter probleem. Griekwas was beter by die afbreek punte, 17 balle by ons gesteel, waar marnus schoeman aan die voorpunt was voor hy af is met n besering. Op die dag was Marnus S beter as tecklenberg.
    N Goeie punt was dat Jurgen Visser nie sleg skop nie en 5 tree binne sy gebied oor geklits het. W Dunlop was op die dag ook swakker as Marnitz Boshoff.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Wil jy deel wees van blou bul blog?