bloubulblog.co.za

Die nie-amptelike Blou Bul ondersteuners blog

Voorskou: Bulls vs Blues

Deur Laagvat March - 9 - 2012 - Friday

Die Vodacom Bulls pak more die Blues op Loftus Versfeld, en sal hul onoorwonne rekord, en boonste plek op die punte leer wil behou.

Terwyl die besoekers voor die aanvang van die seisoen baie kenners se gunstelinge was om die beker oomhoog te hou, het hul twee uit twee verloor. Met verdere ontwrigting na kaptein Jerome Kaino en Rudi Wulf se beserings, en Michael Hobbs wat moes terugkeer na Nieu-Seeland om sy pa, die legendariese Jock Hobbs by te staan op sy siekebed. Saam met die drie spelers wat nie in aanmerking was nie, het afrigter Pat Lam nog 5 veranderinge gemaak.

Die Aucklanders het egter met Piri Weepu en Ma’a Nonu ‘n broodnodige ervaring-inspuiting gekry. Nonu sal in sy eerste wedstryd in die Blues-trui te staan kom teen die Super-groentjie, Francois Venter. Terwyl Venter met vlieende vaandels uit sy eerste twee wedstryde gekom het, sal Nonu se verwoestende hardloopwerk by verre sy grootste toets dusver wees.

Die besoekers het in Ali Williams en Anthony Boric ‘n goeie slotpaar, maar hulle kom te staan die vorm-slotpaar in die kompetisie in Flip van der Merwe en Juandre Kruger. Veral Kruger sal sy lippe aflek om op Blues-lynstaanbal te kompeteer as hul kaptein, Kevin Mealamu in gooi. Mealamu het in die verlede, soos die tendens is onder Nieu-Seelandse hakers, gereeld gesukkel teen Suid-Afrikaanse spanne. Die lynstane sal soos gewoonlik, deur die Ligbloues geteiken word.

Die Blues is ‘n span wat nie bang is om die skopstewel in te le nie, en het sover die seisoen meer as die Bulls geskop. Hul skopstyle verskil egter, waar die Pretorianers verkies om teenstanders met hangskoppe te peper, sodoende Bjorn Basson en Akona Ndungane kans te gee om te kompeteer. Die Blues maak weer gebruik van rolskoppe in spasie om hul hardlopers agetr die verdedigingslyn te kry.

Die tuisspan sal die week hul dissipline wil verbeter, na daar verlede week by die 18 strafskoppe afgestaan het, en ook ‘n rooi- en geelkaart gekry het. Veral Dean Greyling moet minder strafskoppe afstaan as dit by skrumtyd kom, dit alleen sal ‘n reuse verskil maak.

Terwyl die Blues gevarrlike spelers aterlangs het in Nonu en Rene Ranger, dink ek nie hul voorspelers gaan opgewasse teen hierdie invorm Bulls-pak nie. Mens kan egter nooit die Span van Auckland heeltemal afskryf nie, dis juis dan wat hulle almal verras!

Ek voel egter dat die Bulls te sterk sal wees, en met so 8 punte sal wen.

BULLS vs BLUES, PRETORIA, SAT 19:10

Bulls – 15 Zane Kirchner, 14 Akona Ndungane, 13 Wynand Olivier, 12 Francois Venter, 11 Bjorn Basson, 10 Morné Steyn, 9 Jano Vermaak, 8 Pierre Spies (c), 7 Jacques Potgieter, 6 Deon Stegmann, 5 Juandré Kruger, 4 Flip van der Merwe, 3 Werner Kruger, 2 Chiliboy Ralepelle, 1 Dean Greyling.

Reserwes: 16 Willie Wepener, 17 Frik Kirsten, 18 Wilhelm Steenkamp, 19 CJ Stander, 20 Ruan Snyman, 21 Louis Fouché, 22 JJ Engelbrecht.

Blues – 15 Lachie Munro, 14 Sherwin Stowers, 13 Benson Stanley, 12 Ma’a Nonu, 11 Rene Ranger, 10 Gareth Anscombe, 9 Piri Weepu, 8 Chris Lowrey, 7 Daniel Braid, 6 Luke Braid, 5 Ali Williams, 4 Anthony Boric, 3 Charlie Faumuina, 2 Keven Mealamu (c) 1, Pauliasi Manu.

Reserwes: 16 Tom McCartney, 17 Tevita Mailau, 18 Filo Paulo, 19 Bradley Mika, 20 Alby Mathewson, 21 Hadleigh Parkes, 22 David Raikuna.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Wil jy deel wees van blou bul blog?