bloubulblog.co.za

Die nie-amptelike Blou Bul ondersteuners blog

Terugslag vir Vodacom Bulls

Deur Laagvat February - 28 - 2012 - Tuesday

Die veelsydige agterspeler, Lionel Cronjé, het ‘n ernstige borsspierbesering opgedoen wat hom vir minstens ses maande van die veld gaan hou en hy sal nie vir die res van die Vodacom Super Rugby-reeks deur die Vodacom Bulls oorweeg kan word nie.

Die 22-jarige speler het dié besering Vrydag opgedoen terwyl hy vir die Blou Bulle se Vodacombekerspan teen die Sharks XV gespeel het en word later in die week geopereer.

“Lionel sal minstens ses maande lank nie kan speel nie,” het die Vodacom Bulls se spandokter, Org Strauss, bevestig.

Cronjé het in 2011 vir die Stormers gespeel voordat ‘n ernstige kniebesering sy Super-seisoen dáár onderbreek het. Hy was goed op pad om sy Bulls-debuut in 2012 te maak ná suksesvolle rehabilitasie in Pretoria.

“Dit is beslis ‘n terugslag vir ons. Lionel was deel van ons planne en vanweë sy veelsydigheid sou hy van groot waarde gewees het op ons toer deur Australasië later in die kompetisie,” het die Vodacom Bulls-afrigter, Frans Ludeke, gesê ná hy oor die besering ingelig is.

“Ek voel ook jammer vir die speler, want Lionel het baie hard gewerk om weer sy beste peil te bereik ná sy vorige operasie.”

‘n Plaasvervanger sal later aangewys word indien nodig.

One Response to “Terugslag vir Vodacom Bulls”

  1. avatar BlouArie says:

    Dit is jammer maar gelukkig is daar diepte by die Bulle, dit het ons Vrydag bewys deur die Sharks te klop, baie min van ons teenstaanders het dit verwag – slordige game of nie.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Wil jy deel wees van blou bul blog?