bloubulblog.co.za

Die nie-amptelike Blou Bul ondersteuners blog

Goeie nuus saam die slegte

Deur Laagvat February - 27 - 2012 - Monday

Ondersteuners van die Vodacom Bulls sal twee na drie weke moet wag voor hul weer vir Johann Sadie op die veld sal sien. Sadie het Vrydagaand op Loftus Versfeld ‘n skouerbesering opgetel in die klipharde wedstryd teen die Sharks.

Saam met die slegte nuus, was daar ook ‘n brokkie goeie nuus toe dr Org Strauss bekend gemaak het dat Wynand Olivier slaggereed is om sy plek in die middelveld te beman. Olivier het pas herstel van ‘n handbesering.

Morne Mellett (skouer) en Arno Botha (rug) behoort saam met Sadie gereed te wees vir aksie.

Dewald Potgieter (arm, 6 weke), en Rossouw de Klerk (voet, einde Mei) se herstel vorder tans goed en sal eers aansienlik later weer saam hul spanmaats kan oefen.

Met Wynand wat fiks is, sal hy Saterdag as Francois Venter se sentermaat uitdraf in Bloemfontein wanneer die Vodacom Bulls die Cheetahs probeer tem.

3 Responses to “Goeie nuus saam die slegte”

  1. avatar Vastrap van der Merwe says:

    Die vraag sal nou wees, wie speel binne en wie speel buite?

    Ek sal genieg wees om vir Wynand buite te speel.

  2. avatar Yorkie says:

    Laagvat stuur vir my die foto’s wat jy op die blog gehad het dan ek weer probeer om ander banner te maak. Die groote lyk reg.

    Wynand het meet ondervinding op buite senter, het al vir die Springbokke in JWhite se tyd n wedstryd of twee daar gespeel.

    • avatar Laagvat says:

      haai yorkie, skuus ek kom nie by jou uit met daai fotos nie. dinge gaan bietjie dol. ek sal na die naweek ‘n paar fotos van die cheetahs wedstryd ook hê. sal vlg week met jou gesels daaroor.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Wil jy deel wees van blou bul blog?