bloubulblog.co.za

Die nie-amptelike Blou Bul ondersteuners blog

Tienie neem die geel keps in Superbru

Deur Laagvat November - 22 - 2010 - Monday

In die tweede week van ons Superbru poel, het Tienie (beter bekend as Doelskop hier op bloubulblog) die geel keps gevat. Tienie het 7 punte gekry die naweek, en lê nou in die 10e plek.

Willem is nogsteeds eerste met 20.83, diejaap is tweede met 20.50 en Laagvat is derde met 20.25 punte.

Hierdie komende naweek se wedstryde is soos volg:

Italië vs Fiji

Skotland vs Samoa

Wallis vs Nieu Seeland

Frankryk vs Australië

Engeland vs Suid Afrika

Ierland en Argentinië

Dit gaan voorwaar nie ‘n maklike naweek wees om te voorspel nie. Behalwe vir die Nieu-Seeland vs Wallis wedstryd, kan al die ander wedstryde beide kante toe gaan.

2 Responses to “Tienie neem die geel keps in Superbru”

  1. avatar Obelix says:

    Laagvat, ek stem saam met jou. Hierdie week is baie moeilik om te voorspel, en dis ook hoekom ek dit so vroeg as gister reeds gedoen het. Die meeste van my voorspellings tot op hede is nie op feite nie, maar op voorgevoel gemaak.

    Hierdie week gee ek die die spanne die voordeel wat tuis speel. Die een wat ek regtig mee gesukkel het was Italië vs Fidji. Die manne van Fidji het Wallis stukkend geduik verlede naweek en ek dink nie dit gaan anders wees die kommende naweek nie. Sal maar moet sien.

    Ek sien ook dat ons Bokke begin kla soos ‘oumas’ behalwe dat hulle op die veld aan die slaap raak kreun en steun hulle steeds omdat hulle 3 meer opkikkertoetse as die ander spanne moes doen. Wat het PDV verwag gaan gebeur? Ons is op die oomblik so blootgestel aan die elemente dat ek wonder of Hoskins besig is om ons reputasie te probeer regstel en of hy in sy ‘aircon office’ sit en ‘jam’ broodjies eet terwyl hy die ‘financial mail’ lees?

  2. avatar Laagvat says:

    obelix, ek wag maar vir soveel as moontlik inligting voor ek my voorspellings waag.

    vir wedstryde soos italië vs fiji maak dit nou nie regtig saak nie, maar vir byvoorbeeld eng – bokke maak die spanne en die weer en so aan tog ‘n verskil aan my voorspellings.

    en soms is daar ‘n laat onttrekking deur ‘n speler, wat dalk ‘n verskil kan maak.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Wil jy deel wees van blou bul blog?