bloubulblog.co.za

Die nie-amptelike Blou Bul ondersteuners blog

Ralepelle en Basson positief getoets vir verbode middels.

Deur Doelskop November - 15 - 2010 - Monday

Volgens ‘n SARU pers verklaring het Chilliboy Ralepelle en Bjorn Basson positief getoets vir ‘n verbode middel in Suid Afrika se toets teen die Iere op die 6de November 2010.

Die maatskapy “Six Nations Rugby Ltd” wat die toetsing behels het, het die Suid Afrikaanse Rugby Unie Sondag aand laat weet dat die twee spelers se toetse as positief terug gekom het. Die twee spelers is in tussen tydelik geskors van alle rugby en hulle het vandag al reeds terug Suid Afrika toe gevlieg. Basson wat ‘n besering opgedoen het in die toets teen Wallis was in elk geval oppad terug.

Volgens SARU het die spelers die reg om te vra dat die “B – Sample” ook getoets word.

SARU het die Volgende gesê:

“The pair returned an adverse analytical finding for methylhexaneamine, a “non-specified stimulant” on the prohibited substances list of the World Anti-Doping Agency (WADA). It is scheduled to be re-classified as a “specified stimulant” from 1 January 2011″

8 Responses to “Ralepelle en Basson positief getoets vir verbode middels.”

  1. avatar Berns says:

    Nou ja die twee was seker simpel of nalatig gewees.

    Die methylhexaneamine kom voor in nasale “decongestant” asook deel van geranium olie wat in toegelaat word om in kos gebruik te word.

    Ek is seker hulle het dit onwetend ingeneem. Altwee het skoon blaaie en ek hoop dit was maar net ‘n foutiewe inname gewees.

  2. avatar Vastrap van der Merwe says:

    Ek hoop ook so. Dis nou onnodig. Ek wonder of nog bokke dit ingekry het.

    Dit klink net te toevallig.

  3. avatar Laagvat says:

    ek hou styf duim vas dit was nalatig, en hulle kan lig daavan afkom.

    Ek hoor vanoggend dat die middel van januarie af nie meer op die verbode ly is nie. En nou kan die twee dalk vir 2 jaar geskors word.

    Dink net watse gatslag dit sal wees as hulle albei vir 2 jaar uit is!

  4. avatar Laagvat says:

    snor het blykbaar gevra dat al die bokke getoets word. Ek hoop nou wraggies niemand anders het dit ook ingeneem nie.

    maar as keegan daniel dit ook ingeneem het, gaan ek nie krokodiltrane huile nie! Ek hou maar net nie van sy gevreet nie…

  5. avatar Blou tjokka says:

    Ek stem oor daniel laagvat.
    Ek wonder of iemand nie die bokke se kos of drankies gedokter het nie.

  6. avatar Simon says:

    Ek het nou net vir Chillyboy en Bjorn by die lughawe gesien.
    Beide lyk vir my heel positief…

    Basson is toegelaat om met griepsimptome te oefen en te speel? Waar kom die mediese span aan hul kwalifikasies- of verdraai Basson die waarheid so ‘n bietjie? Ons weet (maar niemand se dit nie!) dat die manne die “sappies” vat- Pierre Spies het nie so groot geword op net pap en vleis nie!

    • avatar Laagvat says:

      ek het nou so bietjie gelag toe jy sê hulle lyk ‘positief’. in hierdie geval is positief ‘n bietjie dubbelsinnig.

      ek weet wynand het tydens die CC voor die pumas wedstryd op twitter laat val dat hy ‘n grieperigheidjie of verkoue het (kan nie nou onthou watter een nie). en dit was die oggend van die wedstryd. so ek dink die ouens speel tog maar deur ‘n ligte verkoue…

      hulle neem verseker allerhande shakes en middels om te help, maar ek glo nie die gebruik van onwettige middels is so volop nie. dit is immers hierdie manne se loopbane wat op die spel is.

      en ons moet onthou hierdie ouens gim blerrie hard. dit is immers hulle werk.

      so gepraat van hard gim, die bulle begin hierdie week al met hulle voorbereiding vir die super15. hulle gaan nou vir so 3 weke deur kondisionering om al die spelers (wat by die huis is) weer lekker fiks en reg te kry. en die beseerdes ondergaan rehabilitasie.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Wil jy deel wees van blou bul blog?